Inwoners keelvol vir hou00eb kragpryse
Inwoners keelvol vir hou00eb kragpryse

Inwoners keelvol vir hoë kragpryse

NAMPA
Inwoners van Otjiwarongo het ’n beroep op die regering gedoen om beleide en wette na te gaan wat kragtariewe in die land reguleer.

Cenored, die sentraal-noordelike kragverspreider, het op 1 Julie vanjaar kragtariewe met meer as 6 persent verhoog. Die verspreider voorsien krag aan die Omaheke-, Otjozondjupa-, Kunene- en gedeeltes van die Oshikotostreek.

Die 57-jarige mnr. Kutandauka Kakuva het verlede week gesê die regering moet geblameer word vir die jaarlikse verhoging van kragpryse. “Hulle maak hierdie soort besluite sonder om te dink hoe dit ons raak,” het hy gesê.

Kakuva het gesê krag vir huishoudelike gebruik is reeds vir baie mense – werkendes en werkloses – onbekostigbaar.

Me. Eveline Byl (27), wat in die Telecom- informele nedersetting woon, het voorgestel die regering moet huishoudelike krag subsideer.

“Hoekom verhoog hulle dit elke jaar? Dit plaas net nóg ’n las op verbruikers wat reeds werkloos is en swaarkry,” het sy gesê.

Mnr. Jacobs Nakanyala (32) van die DRC- informele nedersetting het gesê lewenskostes in Namibië het baie hoog geraak.

“Elektrisiteit, water, brood – alles is baie duur. Dan is werkloosheid in die land nog hoog ook. Wat gaan in die volgende tien jaar met ons kinders gebeur?”

Hy het besluitnemers aangemoedig om beleide te heroorweeg ten gunste van die man op straat.

Cenored se beampte vir korporatiewe dienste, mnr. Ekonia Mudjanima, het tydens ’n vergadering op Otjiwarongo gesê dat Namibiërs nie moet verwag kragpryse gaan daal nie; inteendeel, dit sal aanhou styg totdat Namibië sy eie krag vir plaaslike gebruik begin genereer en die surplus na ander lande uitvoer.

“Ons voer krag in op voorwaardes wat deur die verskaffers bepaal word. Dus, om eerlik te wees, gaan pryse nie vinnig daal nie.”

Hy het verduidelik dat Namibië grootmaatkrag van Suid-Afrika, Zambië en Mosambiek deur NamPower invoer. NamPower verkoop dit weer aan elektrisiteitsverspreiders soos Cenored, Erongo Red en Nored.

Mudjanima het gesê die krag word gewoonlik in buitelandse valuta gekoop, wat dit selfs duurder maak. Boonop word daar volgens wet van verbruikers verwag om heffings aan die Nasionale Energiefonds (NEF) en die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) te betaal vir elke eenheid krag wat hulle koop.

Mudjanina het gesê elektrisiteit word nie deur die regering gesubsideer nie en dus sal dit duur bly. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!