Inwoners niu00e9 gyselaars
Inwoners niu00e9 gyselaars

Inwoners nié gyselaars

Dani Booysen
Wanneer sal Rehoboth se dorpsregering en dorpsbestuur reggeruk word?

Niemand weet nie.

Ongeag krete van verset wat toeneem.

In die jongste kinkel is 'n belangrike vergadering van die dorpsraad gekanselleer omdat Swapo geweet het hy het nie sy meerderheid beskikbaar vir die sitting nie. Slim politiek, of sluwe politiek?

Opposisieraadslede en inwoners wat die openbare galery en gestoeltes vol gesit het, moes dalk vooraf snuf in die neus gehad het.

Soos al baie gesê, is Rehoboth maar net een van die land se broekskeurdorpe waar oogluikende wanbestuur, by tye korrupsie en gepaardgaande politieke binnegevegte gedy.

Op ander plekke het die aangewese ministerie al ingegryp, maar nog nie hier nie. Buiten vir lang lyste klagte teen sommige individue, is dit 'n ope geheim dat die dorp maand in en uit moet raap en skraap om groot skuld vir water en elektrisiteit af te betaal.

Wat Rehoboth anders maak, is die sterk rol van die opposisie. Dit is ook in die vorige streekraadverkiesings bewys. En hieruit vloei die lewendige debat oor hierdie dorp se sake – 'n gesprek wat op ander dorpe dikwels flouer, of selfs tjoepstil is.

Op baie ander dorpe is Swapo sterker ingesetel.

Indien dit vir die sentrale regering 'n politieke oorweging is om nie die regerende party se reeds brose raad en Swapo-gesinde bestuurders se posisie op enige manier verder te verswak nie, is dit 'n besluit wat nie in belang van inwoners is nie.

Inwoners mag nie die gyselaars van partypolitiek en beheer ten alle koste word nie.



So sê ander

25 Julie 2017



Children and social media



President Joko “Jokowi” Widodo's warning about children's easy access to social media during the commemoration of National Children's Day only underlines growing global concern about the adverse impacts of social media on our children.

Social media is putting children at risk of crimes, bullying or even radical views. The Indonesian Child Protection Commission (KPAI) has detected a rise in the number of crimes perpetrated against children that take advantage of social media activities, from 100 cases in 2011 to 322 in 2014. The real figure could be higher.

Authorities can block or even ban websites, but information technology has advanced so quickly that such an approach is ineffective.

Parents tend to relax the rules by giving their children access to the internet without enough guidance.

Information technology does lead children to new knowledge that will expand their horizon, but parental and school guidance is crucial.

• THE JAKARTA POST

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!