Inwoners sê raadslid saboteer Okahandja

'n Klagskrif oor mnr. Steve Biko Booys is opgestel, maar hy sê hy weet niks van die protes buite sy kantoorvenster nie.
Augetto Graig
Augetto Graig – Inwoners van Okahandja het Vrydag voor die streeksraad se kantoor op die dorp betoog in aandrang op die bedanking van streeksraadslid Steve Biko Booys.

In 'n klagskrif wat die groep aan president Hage Geingob gerig het, word Booys beskryf as die meesterbrein agter 'n poging om die dorp onstabiel te maak.

Die ongelukkige inwoners, onder die leiding van mnr. Wilfred Goaseb wat in die plaaslike owerheid se 2015-verkiesings meegeding het, sê Booys is partydig.

Hy veroorsaak verdeling in die gemeenskap deur net sekere mense te ondersteun, sê hulle. Verder beskuldig hulle Booys daarvan dat hy die gaping tussen ryk en arm mense op die dorp vergroot, en in die ontwikkeling van die Okahandja-gemeenskap gefaal het. Hulle sê Booys saboteer enige ontwikkelingsprojek wat die dorpsraad inisieer.

Booys het die media Vrydag ingelig dat hy nie die klagskrif gesien het nie, en niks weet van die protes wat buite sy kantoorvenster plaasgevind het nie. Volgens hom is dit 'n klein groepie wat die Okahandja-gemeenskap probeer opsteek en mislei.

Booys sê Okahandja het baie verander in die twee termyne wat hy gedien het.

“Vandag is Okahandja een van die dorpe wat die vinnigste in Namibië groei. Grond op Okahandja word al hoe meer gesog.

“Ek is die hoofargitek wat SAB Miller na die dorp gebring het. Ek is agter die inkopiesentrum, die militêre akademie en die uitbreiding van die nuwerheidsgebied. Dit is danksy my indirekte leierskap en deelname in die voorsiening van die nodige dienste vir die ontwikkeling,” sê hy.

Die betogers is vasbeslote dat Booys as lid van die Nasionale Raad en streeksraad herroep moet word. Hulle sê Okahandja sal “met die onbevoegde leierskap van Steve Biko Booys nêrens heen gaan nie”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!