Inwoners teen misdaad
Inwoners teen misdaad

Inwoners teen misdaad

Dani Booysen
Saterdag se optog deur, en erkenningseremonie vir buurtwagte in die Namibiese hoofstad was ‘n geleentheid van veel meer as net uiterlike vertoon.

Die landwye erkenning van burgelike misdaadbestrydingsorganisasies se rol is noodsaaklik.

Nie net wanneer ‘n staatskas of munisipale geldsake onder druk is nie, maar vir volhoubare polisiëring, meer doeltreffende misdaadvoorkoming, afskrikking en vervolging is gemeenskapsbetrokkenheid onmisbaar. Gebreke in nasionale en munisipale polisiemagte se monderings is nie altyd verskoonbaar nie, maar die uitdagings waarmee hierdie instellings worstel, is aan Namibiërs bekend.

Die baanbrekerswerk van Brakwater se buurtwag en die mobiliseringswerk van hoofinspekteur Christina DaFonsech in die Oshana- en Khomasstreke verdien krediet. Inwoners van alle buurte en dorpe wat hul eie wageenhede gestig het, moet bedank word.

Om op bystand te wees, strate te patrolleer en geld vir beveiliging in te samel, verg opofferings. Selfs diegene wat dit nie buite hul eie erwe wil waag nie, behoort ‘n finansiële bydrae te oorweeg. Hierbenewens is besighede se ondersteuning belangrik.

Misdaad benadeel nie net die slagoffers nie, maar die hele gemeenskap en ekonomie.

Die Namibiese polisie deel die laaste tyd meer gereeld inligting oor misdaad, maar herbesinning is nodig oor die beperking op buurtwagte se kommunikasie met die media.

Hoe meer oë, ore en hande by die stryd teen misdaad aansluit, hoe warmer sal die wêreld vir huidige en voornemende ootreders word.

So sê ander

10 Oktober 2017

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

Gedurende die Koue Oorlog het die supermoondhede se besit van kernwapens ’n eienaardige logika ingehou. Maar verskeie faktore het dit intussen ingehaal.

Ander lande – ’n mens dink aan Indië, Pakistan, Israel en Noord-Korea – het ook kernwapens ontwikkel. Iran is twee millimeter van sý kernwapenvermoë gekeer. Bowendien het sowel Amerika as Rusland aangekondig dat hulle hul arsenale gaan moderniseer.

En iets wat baie mense sommer baie bekommerd maak, is die feit dat onstabiele mense met die vinger op die sneller sit.

Volgens skatting is daar tans nagenoeg 15 000 kernwapens in die wêreld, genoeg om alle lewe op aarde (dalk met die uitsondering van sekere spesies kakkerlakke) totaal uit te wis.

Die toekenning van die Nobelprys aan Ican gaan die probleem nie oplos nie. Maar dit vestig wel die aandag daarop, en dis ’n goeie ding.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!