Inwoners van Kavango-Wes geteister deur watertekorte
Sowat 32% van inwoners van Kavango-Wes moet steeds ten ministe 30 km vir toegang tot veilige drinkwater aflê. Volgens die goewerneur van die streek, me. Sirkka Ausiku, het 134 uit die 405 nedersettings in die streek nie drinkwater nie. Die Mpungu-kiesafdeling het die hoogste konsentrasie van nedersettings en wel 58 wat geen water het nie.
Hoewel meer boorgate geboor word, is daar steeds 'n agterstand, het Ausiku gesê. Sy het ook haar teleurstelling uitgespreek met die toekenning van visvangregte en kwotas aan die streek wat net 'n skrale 0,4% was. Volgens haar moet die toekenning van finansiële hulpbronne of viskwotas in die land gelei word deur beskikbare amptelike statistiek deur die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) oor sleutelontwikkelingsapsekte van elke streek.
"Dit sal lei tot gelykheid en regverdigheid in die toekenning van begrotings en hulpbronne," het sy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie