Inwoners vlug voor Orkaan Florence
Die orkaan Florence is afgegradeer, maar hou steeds ’n groot gevaar in.
Die storm se maksimum windspoed is Woensdagaand op 175 km/h gemeet.
Dit beteken dit is tot ’n kategorie 2-storm afgegradeer. Florence word egter groter, volgens die Amerikaanse nasionale orkaansentrum (NHC). Bykans 1,7 miljoen inwoners is Woensdag beveel om hul huise so spoedig moontlik te ontruim en te vlug voordat die orkaan Suid- en Noord-Carolina en Virginië Donderdag tref.
Volgens die BBC is snelweë in eenrigtings verander om die uittog uit die Amerikaanse state te vergemaklik. Golwe van oor die 25 m is Woensdagoggend aangemeld. Jeff Byard van die federale rampbestuursagentskap het die orkaan met ’n verwoestende uitklophou van die voormalige wêreldkampioen Mike Tyson vergelyk. Ander het dit as “’n ramp op ons voorstoep” beskryf. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie