Inwoners vlug voor vulkaan in Guatemala
Inwoners vlug voor vulkaan in Guatemala

Inwoners vlug voor vulkaan in Guatemala

Bykans vierduisend inwoners is na veiligheid geneem nadat 'n vulkaan Maandag in Guatemala uitgebars het. The Guardian skryf dat ontploffings “wat soos 'n lokomotief klink” op die 3 763 meter hoë berg gehoor kon word. Gloeiende materiaal het so hoog soos 3 200 voet bo die krater uitgeskiet en vanuit die ooste oor die hange gestroom in die rigting van die stad Guatemala. Volgens die nasionale rampbestuur het sowat 3 925 inwoners teen ­Maandag reeds die gebied verlaat. Die Vulkaan van Vuur is een van die mees aktiefste vulkane in Sentraal-­Amerika. 'n Uitbarsting in Junie vanjaar het tot die dood van 194 mense gelei. 'n Bykomende 234 mense word steeds ­vermis. Die grootste gevaar is die lahars – 'n mengsel van los as, puimsteen en puin van huidige en vroeë vulkaan­uitbarstings – wat die volskaalse verwoesting van dorpe kan veroorsaak. Volgens The Mirror staan die vulkaan in volksmond as “Volcán de Fuego” bekend. Die burgemeesters en goewerneurs van Sacatepequez, ­Chimaltenango en Escuintla het reeds met ontruiming begin. Foto Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!