iPhone X maak sy buiging
Nuwe weergawes van die Watch, Apple TV en AirPod-oorfone asook nuwe bedryfstelsels is ook Dinsdag bekend gestel.
Hanlie Stadler
Apple het sy nuutste produkte bekend gestel en - soos voorspel is - staan die luukse weergawe van sy foon as die iPhone X bekend om die slimfoon se tiende verjaardag te gedenk.
Dit word uitgespreek iPhone Ten. Die X verwys daarna dat die eerste iPhone in 2007 - tien jaar gelede - bekend gestel is.
Die X het die grootste skerm nóg vir 'n iPhone van 5,8 duim (14,5 cm).
Dit het, soos voorspel is, 'n OLED-skerm (organiese liguitstralende diode) wat die hele foon vul, met geen Home-knoppie nie. Dié skerm is deur Samsung vir Apple vervaardig.
Gesigherkenningstegnologie, bekend as Face ID, kan ingespan word om die foon te ontsluit. Wanneer jy die foon opstel, sal jy jou kop heen en weer moet beweeg sodat die foon jou hele kop kan meet. Daarna sal jou gesig herken word - selfs wanneer jy jou bril opsit of afhaal, jou haarstyl verander of 'n baard laat groei.
Ook soos voorspel is, het Apple 'n prettige eienskap bekend gestel: animoji's, oftewel geanimeerde emoji's. Jy kan jou bewegende gesig opneem en jou gesig met 'n emoji vervang. Jy kan klank daaroor opneem en dit stuur as 'n video wat homself heeltyd sal herhaal.
Meer oor iPhone 8 en 8 Plus
Dis heel eerste bekend gemaak dat daar 'n iPhone 8 en iPhone 8 Plus gaan wees. Die fone gaan in silwer, ruimtegrys en goud (laasgenoemde 'n nuwe kleur) te koop wees.
Die skerms is onderskeidelik 4,7 duim (11,75 cm) en 5,5 duim (11,75 cm) groot.
Die fone spog met 'n 12 megapiekselkamera. Die Plus het ook twee nuwe sensors vir 'n 1,8- en 2,8-lensopening. 'n Nuwe eienskap bekend as portret-beligting sal kontoere en skaduwees vir 'n gesigfoto verbeter.
Huldeblyk aan Steve Jobs
Apple het sy jaarlikse bekendstelling met groot fanfare in die Steve Jobs-teater van sy nuwe hoofkantoor in Cupertino, Kalifornië, gedoen. Die gebou gebruik slegs groenkrag.
Tim Cook, uitvoerende hoof, het in 'n huldeblyk aan Jobs gesê sy grootste geskenk was nie 'n enkele produk nie, maar Apple self.
Cook het ook meegevoel uitgespreek met die mense van Texas en Florida, wat die afgelope weke onder tropiese storm Harvey en orkaan Irma deurgeloop het.
Nuwe weergawes van die Watch, Apple TV en AirPod-oorfone asook nuwe bedryfstelsels, soos die iOS 11, MacOS High Sierra en Watch OS4, is ook bekend gestel.
Nuwe Apple TV
Die nuwe Apple-televisie het 4K-resolusie, die hoogste beskikbare resolusie, sowel as HDR (High Dynamic Range). Weinig flieks en TV-programme in HDR is al beskikbaar, maar Apple praat glo met Hollywood.
Ars Technica berig Apple het die vervaardigers van die TV-reeks Breaking Bad, Jamie Erlicht en Zack van Amburg, voorheen van Sony Pictures Television, onlangs aangestel en gaan dus binnekort sy eie programme vir Apple TV begin vervaardig.
Nuwe soort iStore
Angela Ahrendts, Apple se visepresident vir kleinhandel, het gesê Apple werk aan 'n nuwe formaat vir sy winkels in groot stede wat meer soos 'n plaza of dorpsplein sal voel.
Kursusse in fotografie en kodering gaan onder meer daar aangebied word. – Netwerk24/The Telegraph/9to5Mac/Ars Technica

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie