• Tuisblad
  • Sake
  • iPhone X se swak verkope laat Samsung spartel
iPhone X se swak verkope laat Samsung spartel
iPhone X se swak verkope laat Samsung spartel

iPhone X se swak verkope laat Samsung spartel

Dis nie net Apple wat sukkel weens swakker as verwagte verkope van sy nuwe vlagskipfoon, die iPhone X, nie.

Samsung is ook onder druk.

Dié Koreaanse tegnologievervaardiger voorsien Apple van die iPhone X se peperduur skerms en weens Apple se besluit om minder iPhone X’e te vervaardig, soek Samsung nou naarstiglik na nuwe kopers daarvoor.

Die Japanse koerant Nikkei het berig Apple beplan om sy produksieteiken van die iPhone X met die helfte te sny. Die maatskappy het aanvanklik beplan om 40 miljoen van dié toestelle in Chinese fabrieke te vervaardig, maar het die teiken intussen tot 20 miljoen verlaag.

Swak verkope in sleutelmarkte, insluitend Amerika, China en Europa, dra glo die skuld vir die besluit, berig Nikkei.

Die feit dat die toestel nagenoeg US$999 kos, het beslis ook nie verkope aangehelp nie, meen ontleders.

Samsung is tans die enigste vervaardiger van die iPhone X se Oled-skerms, ’n nuwe tegnologie wat beelde in hoër resolusie vertoon as vorige slimfoonskerms. Samsung voorsien die skerms glo teen US$120 tot US$130, berig Mashable.

In afwagting op sterk verkope het Samsung in die maande voor die iPhone X se bekendstelling sy produksievermoë vir Oled-skerms uitgebrei. Nou dat dié verkope nie behaal word nie, sit die maatskappy glo met ’n groot surplus ongebruikte skerms wat hy dringend van die hand probeer sit.

Maar ander slimfoonvervaardigers is huiwerig om te byt, aangesien dié skerms beduidend duurder is as die bestaande LCD-skerms wat die meeste slimfone tans bevat.

Apple se besluit om Oled- pleks van LCD-skerms te gebruik, is juis een van die hoofredes waarom die iPhone X so duur is.

Nóg ’n tameletjie vir Samsung is die feit dat van sy mededingers reeds maniere gevind het om Oled-skerms goedkoper te vervaardig.

Dit beteken die mark vir Samsung se peperduur skerms raak kleiner en die maatskappy word deur ’n yslike verlies in die gesig gestaar indien daar nie gou ’n koper daarvoor gevind word nie. Netwerk24/Bronne: Mashable, Nikkei

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!