IPL-eindstryd: Quinton teen KG en Anrich
Krieket
Tinus van Staden – ’n Suid-Afrikaanse mini-stryd kan vandag in die eindstryd van die Indiese Premierliga (IPL) in Dubai afspeel.
Die Mumbai Indians se aanvangskolwer Quinton de Kock kom dan teen die Delhi Capitals se twee Suid-Afrikaanse sterboulers Kagiso Rabada en Anrich Nortjé te staan.
Die twee boulers het waarskynlik ’n byltjie te slyp met hul Protea-kaptein, aangesien die Capitals die Indians nog nie een keer in drie probeerslae vanjaar kon klop nie.
De Kock het in hul twee wedstryde in die groepfase beurte van 53 en 26 teen die Capitals aangeteken en in verlede week se kwalifiserende wedstryd ’n haastige 40 lopies geslaan.
Nortjé het De Kock in die spanne se tweede wedstryd skoongeboul, maar die paaltjiewagter sal nietemin voel hy het die eerste drie veldslae gewen.
Dít sal egter niks saakmaak as die Capitals vandag in die eindstryd seëvier nie.
De Kock is een van Mumbai se sterre in vanjaar se reeks. Hy en sy spanmaat Ishan Kishan is gesamentlik die vierde voorste lopiemakers in die reeks, met 483 lopies. De Kock het sy lopies tot dusver teen ’n gemiddeld van 37.15 en ’n treftempo van 139.59 aangeteken.
Rabada en Nortjé sal hul bes doen om hom in toom te probeer hou.
Vir Rabada is daar ’n bykomende geelwortel in dié wedstryd. Ná sy viertal aan paaltjies in die tweede kwalifiserende wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad Sondag, staan sy getal paaltjies in die reeks op 29. Hy benodig nog drie slagoffers om Dwayne Bravo se rekord vir die meeste paaltjies in ’n seisoen, 32, te ewenaar.
Hy sal ook wil keer dat die Indians se Jasprit Bumrah (27 paaltjies) hom inhaal in die wedloop om die “pers pet”, wat die bouler met die meeste slagoffers kry.
Nortjé is die gesamentlike vyfde voorste paaltjievraat, met 20 slagoffers.
Dié drukkoker-wedstryd sal vir die Suid-Afrikaners ook die ideale voorbereiding wees vir die Proteas se witbalreekse teen Engeland, wat op 27 November begin.
Voor dan, sal hulle egter silwerware wil wen.
“Dit was ’n wipwaentjierit, met baie hoogte- en laagtepunte, maar ons het soos ’n familie bymekaar gebly,” het Shreyas Iyer, Delhi se kaptein, ná hul sege Sondag oor die Sunrisers gesê, berig Reuters.
“In die volgende wedstryd sal ons ook met vryheid moet speel, maar koelkop moet bly.”
Rohit Sharma, die kaptein van die Indians, hoop hulle kan hul vyfde IPL-titel wen. Hy glo hul veelsydige groep is ’n groot pluspunt.
“Dit gee vir my die opsie om veranderinge aan die kolforde aan te bring. Die ouens verstaan hul rolle,” sê Sharma. – Netwerk24
FOTO’S
Kagiso Rabada duik om ’n bal van sy eie boulwerk te keer in die Delhi Capitals se kwalifiserende wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad. Foto IPL
Quinton de Kock is die vyfde voorste lopiemaker in vanjaar se IPL. Foto IPL

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie