IPPR su00ea oor resolusies
IPPR su00ea oor resolusies

IPPR sê oor resolusies

Denver Kisting
Denver Kisting - In die algemeen kry mens nie die gevoel dat die resolusies neerkom op ‘n omkeerplan nie.

Dít terwyl so ‘n plan nodig was, sê mnr. Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).

“Die meeste (van die resolusies) blyk ontwerp te wees om sake soos gewoonlik te laat verloop.” Volgens hom “is die mees dramatiese” die skuif om alle grond in buitelandse besit te onteien en buitelanders te verbied om stedelike grond te besit. “Hoewel dit verstaanbaar vanuit ‘n geskiedkundige oogpunt (Namibië is tot 1990 deur ‘n buitelandse mag beset), sal dit waarskynlik die verkeerde sein uitstuur aan buitelandse beleggers en ‘n negatiewe impak hê op buitelandse direkte beleggings.”

Hopwood sê die idee van ‘n presidensiële kommissie van ondersoek oor voorvadelike grond word verwelkom. Maar, sê hy, meer duidelikheid word benodig oor dié kommissie se mandaat en teen wanneer hulle resultate sal moet lewer.

Hy sê voorts daar heers tans onsekerheid nadat die beraad die gewillige koper, gewillige verkoper-stelsel geskrap het. Volgens hom is die veronderstelling, geskoei op gesprekke by die beraad, dat dit met ‘n versnelde onteieningsprogram vervang sal word. “Maar behalwe om buitelanders en onderbenutte grond te teiken, is geen duidelike kriteria vir onteiening neergelê nie.‘n Mens sal eers oor ses maande kan vasstel of die grondberaad doeltreffend was, al dan nie.

“Teen daardie tyd moet ‘n voorvaderlike grondkommissie al op die been wees, die gewillige koper, gewillige verkoper-skema reeds vervang wees en ‘n nuwe grondhervormingswet of -wette ten minste in konsepvorm bestaan.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!