Irakse magte dryf IS terug
Irakse magte dryf IS terug

Irakse magte dryf IS terug

Estelle de Bruyn
Irakse spesiale magte het Saterdag militante van die Islamitiese Staat-groep (IS) op die kampus van die Mosoel-universiteit teruggedryf, terwyl elite polisie-eenhede beheer oor groot gebiede langs die Tigrisrivier geneem het.

Die hoof van Irak se teenterrorisme-diens (CTS) sê veiligheidsmagte het nou oor byna die hele oostelike oewer van die Tigrisrivier beheer. Die rivier verdeel Mosoel van noord na suid. Hierdie jongste verwikkelinge bring minstens die helfte van IS se belangrikste vesting in Irak onder die regering se beheer.

Irakse magte het sedert die aanvang van die nuwe jaar vinnige vordering gemaak as deel van ‘n byna drie maande lange Amerikaansgesteunde offensief.

Vir die ultra-fundamentalistiese IS, sal die verlies aan Mosoel waarskynlik ‘n einde beteken vir die selfverklaarde kalifaat in Irak, wat in 2014 afgekondig is.

Die weermag sal nou sodra die hele oostelike oewer verower is, met aanvalle op die weste van Mosoel kan begin waar IS nog in volle beheer is.

Die militante bied sterk weerstand en val aan met motorbomme en skerpskutters en gebruik burgerlikes as menslike skilde.

IS het ook aanvalle in Bagdad uitgevoer en ‘n reeks ontploffings die afgelope twee weke het die lewe van dosyne mense geëis.

Nóg ‘n ontploffing het Bagdad laat Saterdag geruk. Minstens een persoon is in die aanval dood.

Irakse magte sê hulle het chemiese bestanddele op die universiteitskampus van Mosoel gevind waarmee IS probeer het om wapens te vervaardig. Volgens die Verenigde Nasies het die militante kernmateriaal gebuit wat by die universiteit vir wetenskaplike navorsing gebruik is, toe IS in 2014 Mosoel en groot dele van noordelike Irak en die ooste van Sirië beset het. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!