Iran kondig einde van IS aan
Iran kondig einde van IS aan

Iran kondig einde van IS aan

Pres. Hassan Rouhani van Iran het Dinsdag die einde van die Islamitiese Staat (IS) in ’n regstreekse televisie-uitsending aangekondig, berig Reuters.

Genl.maj. Qassem Soleimani, senior bevelvoerder van Iran se Revolusionêre Wag, het ook die einde van IS aangekondig in ’n boodskap wat op Sepah News, die webtuiste van die Wag, geplaas is.

Videos en foto’s van Soleimani, bevelvoerder van die Quds-magte, ’n afdeling van die Wag wat hom toespits op operasies buite Iran se grense en frontlinie-posisies in gevegte teen IS in Irak en Sirië, is die afgelope paar jaar gereeld deur die media in Iran gepubliseer.

Verlede week het die media foto’s van Soleimani in Albu Kamal in die ooste van Sirië gepubliseer. Dié dorp is die laaste grondgebied wat in dié gebied van die IS teruggeneem is.

Die Revolusionêre Wag, Iran se magtigste militêre mag, veg reeds etlike jare ter ondersteuning van pres. Bashar al-Assad van Sirië en die sentrale regering in Bagdad.

Meer as 1 000 lede van die Wag, insluitende senior bevelvoerders, is al in Sirië en Irak in gevegte dood. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!