Iran su00ea hy gaan nie by ooreenkoms oor uraan hou
Iran su00ea hy gaan nie by ooreenkoms oor uraan hou

Iran sê hy gaan nie by ooreenkoms oor uraan hou

Amerika het hom verlede jaar eensydig aan die ooreenkoms onttrek.
Iran het bekend gemaak dat hy die perk gaan oorskry wat in die kernkrag-ooreenkoms bereik is oor die hoeveelheid uraan wat hy mag verryk.

Iran wil die ooreenkoms nakom maar Europese lande doen nie húl deel van die ooreenkoms gestand nie, het die land se adjunkminister van buitelandse sake, Abbas Araqtsji, volgens die BBC gesê.

Reuters berig dat Iran dreig om elke twee maande sy verbintenis tot die ooreenkoms te verminder mits die ander ondertekenaars onderneem om hom teen die sanksies van Amerika te beskerm. Iran het egter die deur vir verdere diplomatieke optrede oor die kwessie oopgelaat.

Amerika het hom verlede jaar eensydig aan die ooreenkoms onttrek. Araqtsji het op 'n nuuskonferensie gesê Iran gaan dadelik begin om uraan van 'n hoër konsentraat te verryk.

Emmanuel Macron, Franse president, het Saterdag met Hassan Roehani, Iran se president, gepraat en gesê hy "is baie bekommerd" oor wat sal gebeur as die ooreenkoms skipbreuk ly.

Uraan word onder meer in die vervaardiging van kernwapens gebruik. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!