Iran se president sê Trump speel met leeu se stert
Pres. Rouhani het verwys na herhaalde pogings deur Washington om die Iranse regering te destabiliseer.
Iran se president, Hassan Rouhani, het Donald Trump daarteen gewaarsku om nié sy land aan te hits nie, aangesien dit die “moeder van alle oorloë” kan ontlok.
SkyNews berig Rouhani het die Amerikaanse president in 'n toespraak gemaan om “nie met die leeu se stert te speel nie, jy sal vir ewig daaroor spyt wees”.
Amerika het onlangs vanuit die internasionale kernooreenkoms met Iran onttrek in 'n poging om Tehran, Iran se hoofstad, te verhoed om kernkragwapens te vervaardig. Iranse parlementslede het hierna 'n Amerikaanse vlag verbrand.
Volgens ABC News was Rouhani besig om Iranse diplomate toe te spreek toe hy gesê het Amerika behoort te weet vrede met Iran is die grootste vrede tussen twee lande, en oorlog met Iran is die moeder van alle oorloë.
Rouhani het ook verwys na herhaalde pogings deur Washington om die Iranse regering te destabiliseer en het gesê Amerika is nie in 'n posisie om die Iranse nasie teen sy eie belange te draai nie.
Sanksies staar ook Iran in die gesig, met Trump wat gedreig het om uitvoer van veral ruolie vanaf die land op ys te sit.
Volgens Rouhani sal enigiemand wat die beginsels van politiek verstaan, nie sulke dreigemente maak nie en sal Iran ander olie-uitvoer blokkeer indien sy eie handel ontwrig word.
TRUMP KAP TERUG
Trump het laat Sondagaand op Twitter in hoofletters teruggekap met die woorde: “To Iranian President Rouhani: Never, ever threaten the united states again or you will suffer consequences the likes of which few throughout history have ever suffered before. We are no longer a country that will stand for your demented words of violence & death. Be cautious!”
Trump het Sondag omstreeks 23:30 getwiet dat Rouhani nie Amerika moet dreig nie aangesien hy die gevolge van sy dreigemente sal dra, gevolge so heftig dat min mense in die geskiedenis nog daaronder gely het.
“Ons is 'n land wat nie langer vir jou waansinnige woorde van geweld of dood sal staan nie. Wees versigtig,” lui die twiet verder.
Volgens news.com.au. is die twiet deur Trump van 'n ongekende aard, selfs al is hy bekend vir sy tirades op Twitter.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie