Iranse meisie ontglip Trump se bevel
'n Jong meisie van Iran kon Maandagaand uiteindelik na New York reis vir 'n noodoperasie wat vroeër uitgestel moes word weens pres. Donald Trump se bevel dat paspoorthouers uit sewe Midde-Oosterse lande nie die land mag binnekom nie.
'n Federale regter het Vrydag 'n verbod geplaas op Trump se bevel, en terwyl 'n federale appèlhof nou die president se aansoek om sy bevel weer in te stel oorweeg, het Alma Kashkooli (12) se gesin gebruik gemaak van dié speling om die VSA ongehinderd binne te kom.
Fahimeh Kashkooli, Alma se ma, is 'n regstudent aan Fordham-Universiteit in New York, en het 'n studentevisum.
Sy het op JFK-lughawe haar dogter ingewag wat saam met 'n kinderoppasser via Turkye gevlieg het.
“Ek is baie bly, soos enige ander ma sou wees,” het 'n verligte Kashkooli by die lughawe gesê waar sy omring was deur 'n groep fotograwe en joernaliste.
Alma veg teen 'n rare siekte wat haar ontwikkeling, insluitend haar sig, aantas.
Sy sou twee dae nadat Trump se verbod ingestel is 'n operasie in Pittsburgh ondergaan, en noudat sy uiteindelik in Amerika is, sê haar ma sal die operasie so gou as moontlik voortgaan.
'n Federale appèlhof sal vandag betoë aanhoor oor hoekom Trump se verbod toegelaat moet word. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie