Irma en Harvey: ‘Haai, dis mos óns name!’

Ses meesterlyste van name word gehou en op ’n rotasiebasis gebruik.
Harvey en Irma Schluter is al 75 jaar lank getroud, maar nog nooit tevore het hulle gesien hoe twee ernstige orkane wat hul name dra, die VSA bedreig nie.

“Ek weet nie hoe hulle dit gedoen het, om ’n Harvey én ’n Irma te hê nie,” het mev. Schluter Woensdag gesê, berig die New York Times.

Harvey het 104 geword in Julie en Irma word 93 in November. Hulle onthou baie van die groot gebeure van die twintigste eeu nog goed – van die eerste keer toe sy ’n vliegtuig gesien het tydens die Groot Depressie, tot hoe verwonderd Harvey was oor Neil Armstrong wat op die maan loop.

In ’n onlangse telefoononderhoud met die New York Times het Irma selfs die koel en bewolkte weer onthou op die dag toe pres. John F. Kennedy doodgeskiet is.

Die verduideliking waarom twee orkane na Irma en Harvey vernoem is, is eintlik relatief eenvoudig. Sedert 1979 het die Wêreld- Meteorologiese Organisasie mans en vroue se name afwisselend gebruik vir tropiese storms wat oor die Atlantiese See ontstaan.

Ses meesterlyste van name word gehou en op ’n rotasiebasis gebruik. Die mindere orkane van 2017 se name sal weer in 2023 gebruik word. Net orkane wat duur of dodelik genoeg is om onthou te word, se name kan “aftree”.

Harvey is die eerste keer in 1981 gebruik en ses ander storms het sedertdien dié naam gedra. Die stormwind wat elke ses jaar ná Harvey gekom het, se naam was altyd Irene. In 2011 het die orkaan Irene die Karibiese Eilande en baie stede aan die ooskus afgeransel, en die naam het toe afgetree.

Gegewe die ontsettende krag van die orkane Harvey en Irma in 2017, sal dit waarskynlik die eerste en laaste kere wees dat hul name saam gebruik word.

Die Schluters, aan die ander kant, verskyn nou al saam sedert die 1940’s, toe Harvey sy broer besoek het by ’n dupleks in Spokane in Washington en in Irma vasgeloop het.

Mnr. Schluter was smoorverlief.

Die toekomstige mev. Schluter, Irma Schumacher, was meer huiwerig. “Ek was nog nie heeltemal klaar met skool nie,” het sy gesê. “Ek wou wag totdat ek klaar is, maar hy het my ingepraat om te trou voor dan.”

Die twee het in 1942 die knoop deurgehak.

Terwyl Harvey begin werk het as ’n haarkapper, het Irma die lewe tuis eensaam gevind. Albei was gewoond aan groot families en dit het vir hulle net reg gevoel om groepe pleegkinders te begin inneem, waarvan baie fisiek of verstandelik gestremd was. Die Spokesman-Review van Spokane berig die egpaar het oor die dekades 120 kinders ingeneem – ’n getal wat Irma bevestig het.

Harvey het sy eie besigheid, Harvey’s Shop, in Spokane begin, en het vir 45 jaar as ’n haarkapper gewerk. Hy het aan die Spokesman-Review gesê die ervaring waarvoor hy die dankbaarste is, is dat hy ’n pleegouer kon wees (en dat hy die banjo speel).

Spokane, in die ooste van Washington, sien natuurlik nooit orkane nie. Tydens hul lang lewens en reise om hul volwasse pleegkinders te besoek, het die Schluters die groot orkane misgeloop. Dit was, onder meer: Hazel in die 1950’s; Carla, Hilda en Inez in die 1960’s; Agnes en David in die 1970’s; Allen, Gilbert en Hugo in die 1980’s; Andrew en Mitch in die 1990’s en Isabel, Ivan, Katrina en Felix in die 2000’s.

Toe Harvey en Irma gebore is in die vroeë twintigste eeu, was radio ’n nuwe uitvindsel en televisie sou eers oor dekades sy opwagting maak. In ’n nuwe eeu, ná 75 jaar van die getroude lewe, kan hulle maar net toekyk hoe hulle name oor die skerm flikker met verslae van dood, verwoesting en ontruiming.

“Dis baie hartseer,” het Irma gesê oor die berigte in die nuus.

“Ek het geen idee wat ek sou doen nie; ek was nog nooit in daardie soort situasie nie. Ek sou seker mense probeer help, maar ek weet nie hoe nie.”

Dís die filosofie wat jy sou kon verwag van iemand wat vir dekades lank kinders in haar huis ingeneem het.

“Jy doen net wat ook al jy dink sou die beste wees om te doen. As jy iemand kan help, moet jy hulle help.”

Intussen het sterk wind die Amerikaanse deelstaat Florida gisteroggend begin teister soos wat die orkaan Irma nader beweeg het. Dié orkaan het Saterdag in die rigting van die Florida Keys-eilandgroep begin beweeg, met miljoene Amerikaanse burgers wat beveel is om hul blyplekke te ontruim.

Windstorms wat byna orkaansterkte bereik het, het reeds Saterdag laat die Florida-eilande geteister.

Orkaansterkte wind het oor sowat 112 km vanaf Irma se middelpunt gestrek soos wat die storm na Florida beweeg.

Irma, wat reeds ten minste 22 lewens in die Karibiese Eilande geëis het, word ook beskou as ’n lewensgevaarlike storm vir Florida en kan miljarde dollars se skade aanrig in die derde mees digbevolkte staat in Amerika.

Volgens voorspellings sal Irma eerste die westelike kant van Florida se skiereiland tref met wind wat teen 209 km per uur sal waai.

Die storm sal tot en met vandag tussen 25 tot 51 cm reën oor Florida en die suidoostelike deel van Georgia uitgiet. Dít is egter net ’n fraksie van wat die tropiese storm Harvey oor Texas en Louisiana twee weke gelede neergestort het toe 60 lewens geëis is.

Maar, anders as met Harvey, sal die gevaarlike wind skaars afneem wanneer Irma die land tref.

Tom Durr, ’n 66-jarige pensioenaris, het Dinsdag saam met sy vrou, Lorraine, uit hul huis gevlug. Hy sê hy verwag nie dat daar veel van hul huis oor gaan wees wanneer hulle daarheen kan terugkeer nie.

Amptenare in Florida het sowat 6,3 miljoen mense beveel om die gebied te ontruim. Dit het massiewe verkeersknope tot gevolg gehad en skuilings was oorvol.

In Palm Beach is pres. Donald Trump se Mar-a-Lago-waterfronthuis ook ontruim. Hy het Amerikaners op Twitter aangemoedig om die instruksies van regeringsamptenare te volg om veilig te bly. Sowat 9 miljoen mense in Florida kan moontlik vir weke lank sonder elektrisiteit gelaat word. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067