Irma: Opruiming begin
Soek-en-reddingspanne het Maandag teen dagbreek met hul werk in Florida, Amerika, begin soos wat die verwoesting en skade weens die orkaan Irma begin duidelik word het.
Die storm het swakker geraak namate dit oornag teen die weskus van dié deelstaat opbeweeg het, maar Miami en ander dele het deurgeloop en is oorstroom al het hulle die oog van die storm vrygespring.
Irma is nou ‘n tropiese storm.
Die noodtoestandbestuurder van die Florida Keys-eilande het gewaarsku dat ‘n mensekrisis op hande is.
Rick Scott, goewerneur van Florida, het gesê dit gaan “nog ‘n ruk wees” voordat mense kan terugkeer na hul huise.
“Die krag is oral in die staat af. Daar is paaie wat onbegaanbaar is, so almal moet geduldig wees . . . ”
Die eerste taak van reddingspanne is om te kyk na die veiligheid en toestand van 42 brûe wat die Keys-eilande verbind.
Die hele Keys-gebied is afgesny terwyl owerhede vasstel wat die skade is.
Meer as 3,4 miljoen huishoudings in Florida is sonder krag en sowat 80% van die kragpale net in Miami het omgeval. Groot dele van die stad is onder water. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie