Irma se skade gaan maande voortduur
Irma se skade gaan maande voortduur

Irma se skade gaan maande voortduur

Geboue in gesogte vakansieplekke soos St. Martin en Barbuda is óf in puin gelaat óf het waterskade.
Vrese bestaan dat die kragtige orkaan Irma die Karibiese toerismebedryf, wat multimiljoene dollars werd is, maande lank kan lamlê.

Die orkaan het gekom kort voordat hotelle, lugdienste en die skeepsvaartbedryf hulle vir die komende vakansieseisoen voorberei het.

Die orkaan het reeds 21 mense se dood veroorsaak en het lughawens, hotelle en ander geboue beskadig.

Geboue in gesogte vakansieplekke soos St. Martin en Barbuda is óf in puin gelaat óf het waterskade.

Die storm het teen Vrydag na Florida in Amerika begin beweeg.

Jack Richards, president van die Pleasant Holidays-vakansiemaatskappy, sê die toerismebedryf sal eers teen volgende jaar herstel. Dit sal miljarde dollars in verlore inkomste beteken.

Die streek se vakansieseisoen is van middel Desember tot Paastyd, wanneer Amerikaners, Kanadese en Europeërs die sneeu vir die warm turkoois Karibiese seewater verruil.

Richards twyfel of die skade betyds opgeruim sal word.

“Die infrastruktuur om beskadigde geboue te herstel, bestaan nie. Die skade is enorm.”

Hy sê sy besprekings het reeds begin afneem nadat die eerste skade aangerig is. Dié bestemming is gewoonlik die tweede gewildste onder toeriste.

Die Wêreldraad vir Reis en Toerisme (WTTC) het meer as 26 miljoen internasionale toeriste hier verwag.

In 2016 het buitelandse besoekers sowat $31 miljard hier bestee en die verwagting was dat dit in 2017 met 5,3% sou styg.

Die WTTC skat toerisme het in 2016 sowat $56 miljard vir die plaaslike binnelandse ekonomie gegenereer.

Hugh Riley, woordvoerder van die Karibiese Toerismeraad, sê enige ontwrigting in die toerismebedryf is ’n ontwrigting van hul daaglikse bestaan.

Amptenare in die streek spook om die werklike skade van die verwoesting vas te stel nadat die orkaan elektrisiteitstoevoer en selfoonverbindings ontwrig het en lughawens gesluit is.

Intussen is die einde nie in sig nie, met nog ’n orkaan, Jose, wat gister die gebied sou tref. Die orkaanseisoen gaan nog etlike weke duur.

Die Amerikaanse Maagde-eilande se departement van toerisme het besoekers gewaarsku om weg te bly nadat die St. Thomas-lughawe ook gesluit is. Vier mense is hier te midde van die orkaan dood. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!