IS blaas geskiedkundige moskee in Mosoel op

'n Middeleeuse moskee en minaret in die beleërde Mosoel in Irak is deur militante van die Islamitiese Staat-groep in puin gelê.
NAMPA
Militante van die Islamitiese Staat-groep (IS) het Woensdag die groot al-Nuri-moskee in Mosoel en sy bekende leunende minaret opgeblaas, het Irak se weermag in 'n verklaring gesê.
Irakse magte veg steeds om IS uit die stad te verdryf.
Dit is vanaf hierdie middeleeuse moskee waar IS se leier, Abu Bakr al-Baghdadi, drie jaar gelede 'n selfverklaarde kalifaat, wat oor dele van Sirië en Irak strek, afgekondig het.
“Deur die al-Hadba-minaret en die al-Nuri-moskee op te blaas, het IS amptelik erkenning van hul nederlaag gegee,” het Irak se eerste minister in kommentaar op sy webtuiste gesê.
Irakese noem die 45 meter hoë leunende minaret al-Hadba, of "die boggelrug”. Baghdadi se swart vlag wapper sedert Junie 2014 bo die minaret.
IS se Amaq-nuusagentskap be­skuldig Amerikaanse lugaanvalle vir die vernietiging van die moskee, 'n aanspraak wat vinnig verwerp is deur die Amerikaans-geleide koalisie wat teen die militante groep veg.
“Ons het nie in daardie gebied aangeval nie,” het die koalisiewoordvoerder, kolonel John Dorrian, van die Amerikaanse lugmag, telefonies aan Reuters gesê.
“Die verantwoordelikheid vir die vernietiging moet voor die deur van IS gelê word,” het genl.maj. Joseph Martin, die bevelvoerder van die ­koalisie se komponent op die grond, in 'n verklaring gesê.
Die mediakantoor van die Irakse weermag het 'n foto uitgereik wat uit die lug geneem is wat wys dat die moskee en die minaret grootliks plat met die aarde gevee is en dat net rommel oorgebly het in die Ou Stad, die geskiedkundige distrik, waar die militante onder beleg is.
'n Video op sosiale media wys hoe die minaret vertikaal in duie stort in 'n rookwolk van sand en stof, met 'n vrou wat in die agtergrond weeklaag “die minaret, die minaret, die minaret”.
Die moskee is vernietig terwyl eenhede van Irak se elite teenterrorismediens (CTS) binne 50 meter daarvan gevorder het in hul stryd om IS uit Mosoel se Ou Stad te verdryf, het die verklaring van die Irakse weermag gelui. - - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!