Is Charles se tyd op die troon naby?
Daar word bespiegel dat koningin Elizabeth (91) oorweeg om binne die volgende vier jaar af te tree en haar oudste seun as regent aan te stel.
Is prins Charles se tyd op die troon naby?
Dit is die vraag wat gevra word nadat koningin Elizabeth besluit het om nie in November 'n krans by die senotaaf in Londen te lê nie, maar dié taak aan haar troonopvolger oor te laat.
Daar word reeds geruime tyd bespiegel dat die 91-jarige koningin oorweeg om binne die volgende vier jaar af te tree en Charles as regent aan te stel.
Van abdikasie is daar egter nie sprake nie. Die koningin het met haar kroning op 2 Junie 1952 onderneem om plig altyd eerste te stel. Sy sal dus nie die voorbeeld van Europese koningshuise soos Spanje en Nederland volg nie.
Herdenkingsondag
Gerugte van 'n regentskap word telkens deur paleisamptenare afgemaak, maar die feit dat Charles die verpligtinge van Herdenkingsondag oorneem, is die duidelikste teken nóg dat koningin Elizabeth van haar belangrikste verpligtinge nou in die hande van haar oudste seun en troonopvolger laat.
Paleisamptenare het volgens Reuters gesê sy wil Herdenkingsondag graag saam met haar 96-jarige man, prins Philip, bywoon. Philip, wat vroeër vanjaar uitgetree het en net by enkele openbare geleenthede nog in die kollig is, gaan die plegtigheid ook vir die eerste keer van die balkonne by die departement van verdediging af dophou.
Dit sal slegs die sesde keer in die koningin se rekordaantal jare aan die bewind wees dat sy nie self die krans aan die voet van die senotaaf neerlê nie.
Vier keer was sy op oorsese toere na onder meer Suid-Afrika, Ghana, Brasilië en Kenia, en die ander twee plegtighede het sy misgeloop omdat dit kort voor die geboortes van prins Andrew en prins Edward was, berig die Independent.
Geen rede tot paniek
Paleisamptenare is ook slim om dié aankondiging nou reeds te doen, pas nadat die koningin van haar jaarlikse drie maande lange vakansie in Balmoral, Skotland, teruggekeer het. Indien só 'n aankondiging kort voor Herdenkingsondag gedoen is, sou dit weer tot dieselfde paniek as in Desember verlede jaar gelei het.
Toe die koningin en prins Philip nie by die stasie opdaag vanwaar hulle gebruiklik elke Desember vertrek na die koninklike landgoed Sandringham nie, was die gort gaar. Albei het slegte verkoues opgedoen en is uit die openbare oog na Sandringham geneem. Die koningin was só ongesteld dat sy die Kers- en Nuwejaarsdiens op die Sandringham-landgoed misgeloop het. Haar afwesigheid was tasbaar.
Operasie oorgang
Sedertdien doen gerugte kort-kort die ronde dat ál meer verpligtinge na die jonger lede van die gesin gedelegeer word, maar operasie 70 (prins Charles word aanstaande jaar 70) is reeds in volle gang. Dié operasie behels die geleidelike oorgang van die Elizabethaanse era na die nuwe bewind van 'n moontlike Charles III.
Dit is glo weens Charles se span se stelselmatige bewindsoorname in die kleine dat sir Christopher Geidt, die koningin se regterhand in die paleis, in Julie bedank het.
Troebel verhoudings met Charles en Andrew is glo die redes agter die bedankings, berig die Mail on Sunday.
Charles se visie
Charles se visie van die monargie onder sy bewind is amper revolusionêr. Hy beplan om die koninklike gesin af te skaal tot net sy gesin en hul onderskeie gesinne. Andrew probeer steeds om sy twee dogters, prinsesse Beatrice en Eugenie, in die koninklike kern in te dwing sodat hulle heeltyds koninklikes kan wees.
Hoewel omvattende restourasiewerk wat tot 10 jaar kan duur, aan Buckinghampaleis beplan word, beplan Charles glo ook nie om dit sy amptelike woning te maak wanneer hy koning word nie.
Sy tuiste in Clarence House, wat grens aan die St. Jamespaleis en letterlik 'n paar blokke ver is van Buckingham-paleis, het hy by sy geliefde ouma, die koningmoeder, geërf en met groot deernis gerestoureer.
Hoewel paleisamptenare tans ontkennend antwoord dat Clarence House die prins se amptelike tuiste sal bly sodra hy koning word, is dit 'n feit dat prins William sy tuiste in Kensingtonpaleis wil behou, selfs wanneer hy die nuwe prins van Wallis word.
Charles beplan om Buckingham-paleis liefs net vir staatsgeleenthede te gebruik en verder oop te stel vir die publiek om só meer geld in die koninklike beursie te laat beland. Tans is dele van die paleis net vir sekere tye van die jaar oop vir die publiek, en dié idee het uit koninklik nood gespruit toe 'n deel van Windsor-kasteel feitlik in 'n brand verwoes is en die koningin self besluit het om haar tuiste vir die publiek oop te stel om só geld vir die herstelwerk van Windsor-kasteel in te vorder.
Charles neem ook reeds vir 'n geruime tyd saam met sy suster, prinses Anne, en prins William, die toekenning van eerbewyse namens die koningin waar.
Regentskap
Van abdikeer is daar nie sprake nie, wel van 'n uittrede uit haar publieke rol, soos Philip vroeër vanjaar gedoen het, met prins Charles wat as regent diens sal doen. Charles sal dus koning wees, net sonder die titel.
Of die koningin tot 95 sal wag voordat sy uittree, is 'n ope vraag. Prins Charles se tyd as koning, behalwe in naam, is dalk nader as verwag.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie