Is daar dan geen beheer?
Is daar dan geen beheer?

Is daar dan geen beheer?

Dani Booysen
Dani Booysen - Die beweerde misbruik, of dalk selfs diefstal, in Windhoek van 'n hele 50 van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se staatsvoertuie moet die publiek in afgryse laat sidder.

Twee staatsvoertuie is bemerk met private registrasiemerke, waarop dié groot vloot gevind is by wat volgens alle indrukke 'n private perseel is.

Die ministerie wil nie meer sê nie omdat die polisie se ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Het die beweerde oortreder dalk die voertuie uitverhuur?

Hierdie petalje dwing die belastingbetaler om opnuut kwetsende vrae oor basiese bestuur, beheer en toesig in die staatsdiens te stel. Soveel voertuie kan tog nie net “verdwyn” sonder dat enigeen onraad bemerk nie.

Verskeie jare gelede is sekere vlootvoertuie van die staat onder elektroniese moniteringstelsels geplaas om juis misbruike aan die kaak te stel en te ontmoedig. Die belastingbetaler moet wonder of hierdie stelsels nog gebruik word en of dit ook maar 'n beweerde onbekostigbare uitgawe is wat lankal in die slag gebly het.

'n Staatsvloot is 'n baie duur, noodsaaklike bate vir enige regering om basiese dienste te verskaf en basiese verpligtinge teenoor inwoners na te kom. Juis daarom moet hierdie roerende bates behoorlik bestuur word.

Elke staatsbakkie met 'n paar bokke of sinkplate agterop is nie noodwendig op 'n onwettige sending nie. Terselfdertyd het Jan Alleman nie rede om te glo dat selfs basiese beheermaat­reëls doeltreffend toegepas word nie.

Hopelik sal belastingbetalers gou die besonderhede van hierdie motordrama weet.



So sê ander

28 Julie 2017



Die weermag se geldsake kort dringend aandag



Die waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) dat hy weens begrotingsbesnoeiings nie meer die vermoë het om Suid-Afrika na behore te beskerm nie, verdien op verskillende vlakke dringend aandag.

Dié probleem kom immers nou al baie jare aan. Ons moes ook hoor dat die peperduur wapentuig wat in die wapenskandaal aangeskaf is, grootliks in onbruik staan. 'n Mens ys om te dink wat die stand van sake nou is.

Meer geld alleen is wel nie die oplossing nie, want die probleem strek veel wyer en is ook in die departement se wanbestuur van bestaande hulpbronne oor baie jare heen gesetel. Onder dié omstandighede moet streng voorwaardes gestel word vóórdat enige bykomende begrotingstoekenning bewillig word.

Op grondvlak is die lewe van gewone troepe ter sprake. Dis gewoon oneties om ons soldate op só 'n manier bloot te stel. • NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!