Is daar mynregte op jou plaas?
Met ‘n geraamde 70% van Namibiese grond wat reeds vir die een of ander vorm van mynreg geregistreer is, is dit wenslik dat grondeienaars vasstel wat die status quo van hul eiendom is.
Elvira Hattingh
Die Namibië Landbou-unie (NLU) raai plaaseienaars aan om uit te vind of daar reeds eksklusiewe prospekteringslisensies (EPL’s) op hul grond geregistreer is, aangesien mynregte reeds tot op 70% van Namibiese grond bestaan.
Terselfdertyd bied ‘n kenner raad aan boere oor hul regte, sou dit by prospektering vir minerale op hul eiendom kom.
“Met ‘n geraamde 70% van Namibiese grond wat reeds vir die een of ander vorm van mynregte geregistreer is, is dit wenslik dat grondeienaars die Namibia Mining Cadraste Portal te besoek (https://portals.landfolio.com/namibia) om vas te stel wat die status quo van hul eiendom is.
Die webwerf bied inligting oor EPL'e, wie aansoek daarvoor gedoen het en hoe lank die EPL geldig is,” het die NLU Vrydag in hul jongste nuusbrief geskryf.
Die NLU het gereageer nadat grondeienaars hulle oraloor die land gekontak het met vrae oor die nodige prosedures en dokumentasie as dit by verkenning, prospektering en mynbou op kommersiële landbougrond kom.
Dit volg ná die voorgestelde ontginning van uraan naby Leonardville, wat moontlik rampspoedige gevolge vir die Stampriet-akwifer kan inhou. Hierdie akwifer strek oor die suidooste van Namibië, maar ook so ver as dele van Botswana en Suid-Afrika.
“Die NLU het dr. Lima Maartens, ’n omgewingskonsultant, genader oor grondeienaars se regte as dit kom by enige verkenning, prospektering en mynbou-bedrywighede op hul grond,” is geskryf.
Indien ‘n potensiële prospekteerder daarin belangstel om op enige kommersiële grond te prospekteer, moet sekere stappe gevolg word, sê die NLU.
STAPPE
Die omgewingskonsultant moet die plaaseienaar skriftelik kennis gee van sy voorneme om vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat aansoek te doen. Die grondeienaar moet dan as ‘n belanghebbende party registreer. Hy kan dan skriftelik kommentaar lewer of die aansoeker se vergaderings bywoon.
Die grondeienaar se naam moet voorts op ‘n register van belanghebbendes geplaas word, wat beteken hy moet toegang tot die konsepverslae soos die omvangsbepaling- en omgewingsbestuursplan kry.
Indien daar beskermde wild op sy plaas voorkom, soos byvoorbeeld bergsebras, kameelperde, olifante, renosters, rooibokke, seekoeie, swartgesig-rooibokke of sebras, kan die grondeienaar die omgewingskonsultant daarvan inlig.
Die kwessies kan ook skriftelik ingedien word.
Die omgewingskonsultant moet dit dan by die omvangsbepaling- en omgewingsbestuursplan insluit. Die grondeienaar kan binne sewe dae nadat hy die konsepverslae soos die omvangsbepaling- en omgewingsbestuursplan ontvang het, skriftelik kommentaar daarop lewer.
Die omgewingsklaringsertifikaat (ECC), wat deur die EPL-houer by die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT) aangevra is, moet dan deur die omgewingskonsultant aan al die belanghebbendes beskikbaar gestel word.
Ingevolge die wet kan daar dan appèl hierteen aangeteken word.
Die NLU raai ook boere aan om ‘n afskrif van die mineraallisensie – byvoorbeeld die eksklusiewe prospekteerlisensie – veilig te bêre.
Slegs ná al bogenoemde stappe gevolg is, kan die eienaar van die mineraallisensie ‘n skriftelike ooreenkoms met die grondeienaar aangaan, wat bepalings en voorwaardes bevat oor vergoeding, indien die eienaar dit vereis.
“Hiervoor kan ‘n Namibiese identiteitsdokument, bewys van woonadres of dat die persoon 'n geakkrediteerde agent is, vereis word.
Die dokumente moet by die kommissaris van mynbou ingedien word en die houer van die mynlisensie kan dan sy of haar regte uitoefen.
Die NLU sê dit is besig om ‘n standaarddokument te finaliseer wat grondeienaars kan gebruik as ‘n basis vir 'n ooreenkoms met 'n potensiële prospekteerder. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie