Is daar 'n noodplan?

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Watertoevoerpype bars gereeld op Keetmanshoop, as gevolg van die verouderde stelsel. Pype bars gereeld met die gepaardgaande vermorsing van miljoene liter water.

Woonbuurte en besigheidsgedeeltes sit dan vir ure sonder water.

Wat aan die einde van die dag hiervoor aan NamWater betaal moet word, sal terugkom na die reeds swaar belaste Jan Publiek.

Daar is gerugte dat die munisipaliteit NamWater reeds N$10 miljoen skuld vir water.

'n Ope vraag is dus wat die munisipale beplanning is ten opsigte van hierdie probleem, daar dit mos nie net so kan aangaan nie. Is daar byvoorbeeld al planne/begrotings om die verouderde stelsel op te knap?

Ons is gelukkig dat die Nautedam, wat water aan ons voorsien, die afgelope klompie jare genoeg water aan Keetmanshoop kon voorsien. Ons hoor gereeld op die radio van die volumes water in die land se opgaardamme, maar is die syfer vir die Nautedam korrek? Dit lyk baie minder as wat deurgegee word.

Is daar ’n noodplan op die tafel, sou Nautedam nie meer jaarliks genoeg water kry nie?

Daar is tog geen twyfel dat water wêreldwyd ’n al groter probleem raak nie.

Water kan nie net in die sand en droë lopies op en om Keetmanshoop verder vermors word nie.

Ek heg vir u foto's van voorbeelde aan.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.26 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 655.92/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 998.50/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 73.53/BBP DOWN -0.0224 | Platinum US$ 987.16/OZ DOWN -0.0012 #N/A