Is die doelwitte vir voedselsekuriteit realisties?
Produksie moet 66% styg teen 2050
Dr. Kobus Laubscher
Daar is gedurig debatte oor die ware toedrag van sake betreffende globale voedselsekuriteit en lande se verbintenis tot die strategiese doelwitte van byvoorbeeld die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO).
Ondanks bewyse van veerkragtigheid binne die hele waardeketting soos wat gereageer is nadat voldoende reën geval het, dreig hongersnood in lande in suidelike Afrika, terwyl donateurs ook rug begin styf maak ten opsigte van hulp aan lande wat nie self wil bydra tot verminderde voedselonsekerheid nie.
Van die jongste debatte argumenteer dat die aanvanklike scenarios van 'n verdubbeling van voedselproduksie teen 2050 die moontlike vraag oorskat het aangesien verkeerd weggespring is wat die basisjaar betref. Indien 2005 as basisjaar gebruik word, is die waarskynlikheid groot dat voedselproduksie teen 2050 sal moet verdubbel om die meer mense kos te gee. Daarbenewens gaan die meer mense op aarde ook anders eet, met die gevolg dat die verbruik van grane tot 'n groot mate 'n afgeleide gaan wees van die vraag na dierlike proteïene.
Met meer besteebare inkomste sal byvoorbeeld meer vleis verbruik word en daarvoor sal meer graan geproduseer moet word.
Dieselfde verskynsel het in 2007 afgespeel in wêreldmarkte toe die Chinese onder meer vergelykbare struktuurveranderings in hulle vraag na landbouprodukte ervaar het en die verbruik van dierlike proteïen geweldig toegeneem het.
Die wêreldwye finansiële situasie gedurende 2008-'09 het egter verhoed dat die veranderde verbruikersvoorkeure landboumarkte blywend gerig het.
2014 as basisjaar
Indien die basis vir die skatting van toekomstige voedselverbruik egter verskuif word na 2014, is daar navorsers wat kan bewys dat voedselproduksie teen sleg 66% hoef te styg om die verwagte vraag in 2050 te kan ontmoet.
Hulle grond hierdie afleidings op die feit dat voedselproduksie van 2005 tot 2014 wêreldwyd met 33% toegeneem het en so 'n groot gaping gevul het.
Gesofistikeerde modelle word uiteraard gebruik in hierdie vooruitskattings, maar wat die modelle nie kan vestig nie, is die noodsaaklikheid van volhoubare groei. Daar word beraam dat ontwikkelende lande se ekonomieë teen ten minste 7% per jaar moet groei om te kan voldoen aan die gestelde ontwikkelingsdoelwitte.
Groeikoerse
Tans is dié groeikoerse minder as 3% en in die geval van Suid-Afrika en in Namibië selfs laer.
Die vraag wat gevra moet word, is of die strewe na voldoende uitsette die toestand van natuurlike hulpbronne in ag neem en of die impak van klimaatverandering volledig genoeg verreken word.
In baie van die hulpprogramme aan veral opkomende boere is hierdie 'n moontlike onderskatte risiko.
Die vraag van toepassing is of hulpbronne produktief aangewend word. Dit geld aan beide kante van die plaashek. Deur eenvoudig meer produkte aan te bied by die plaashek sonder om die vermorsing van tot 'n derde van alle produksie van plaashek tot die verbruiker se bord te ignoreer, is te ernstig om buite rekening te laat.
Doelwit 8 van die FAO se 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte lui: “Bevorder inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei, werkskepping en ordentlike werksgeleenthede vir almal.”
Dié doelwit vereis 'n dieper delf na antwoorde as om net eenvoudig meer met minder te produseer. Dit gaan oor die sogenaamde Totale Faktor Produktiwiteit (TFP), wat dui op die inter- en intraverwantskappe tussen bedrywe op een plaas en die graad van innovering van toepassing.
Tegnologie speel hier 'n belangrike rol soos byvoorbeeld die genetiese verbetering van grane om meer droogtebestand te wees en om peste soos die kommandowurm af te weer. In die geval van lewende hawe dui dit op genetiese veredeling.
Tegnologiese vernuwing sal egter eers doeltreffend wees as die gebruikers daarvan oor die nodige vaardigheid beskik om sodanige tegnologie te ontsluit. In hierdie opsig faal die meeste ontwikkelingsinisiatiewe, want daar word verkeerdelik van die ontvanger van hulpbronne verwag om daarmee te kan werk sonder die nodige vaardigheidsoordrag.
Daar is dalk genoeg rede om bekommerd te wees dat verliese as gevolg van die afwesigheid van aanvaarbare vlakke van TFP onderwaardeer word as die grondoorsaak van voedselonsekerheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie