Is die era van oorspronklikheid verby?
Yandi du Plessis – Ek beskou myself as ’n fliekvlooi. Ek kan ook gemaklik verdiep raak in ’n televisiereeks – of ek dit nou vir die eerste keer kyk (soos The Queen’s Gambit wat verlede jaar uitgereik is), of vir die 300ste keer (soos Friends of The Office).
Ek voel in die ongekende tyd waarin ons onsself tans bevind, is dit ’n welkome afleiding om ’n uur of ses in ’n fantasiewêreld deur te bring – hetsy deur ’n fliek, TV-reeks of boek.
Jy het dalk ook al agtergekom dat Hollywood nie meer so gretig is om nuwe vars kreatiewe inhoud te lewer nie. Die meerderheid van die “nuwe” flieks wat deesdae uitgereik word, is opvolgverhale (sequels), herverwerkings (remakes), reboots en aanpassings van bestaande intellektuele eiendom. Nuwe televisiereekse loop dikwels dieselfde paadjie, met baie wat deesdae ook reboots en spin-offs van geliefde reekse en flieks uit die 90’s is.
Die Britse akteur en komediant Ricky Gervais het in sy openingsmonoloog by die 2020 Golden Globe-toekennings gesê: “Ernstig, die meeste films is aaklig. Lui. Herverwerkings, opvolgverhale. Ek het ’n gerug gehoor dat daar ’n opvolg van Sophie’s Choice kan wees. Ek meen, dit sou net Meryl Streep wees wat sê: ‘Wel, dan kies ek seker hierdie een’.”
Hoewel dit seker nie verbasend is nie, is dit nog steeds effens hartseer. Al is dit seker nie maklik om voortdurend met nuwe inhoud vorendag te kom nie, voel ek nog steeds dié is ’n lui benadering.
Disney is veral skuldig hieraan. Die idee is dat die gehoor meer geneig is om rolprentteaters te besoek as hulle reeds kennis dra van die kreatiewe inhoud waarop ’n film of reeks gebaseer is. Dit beteken nuwe inhoud is ou nuus, en al die bogenoemde, sowel as aanpassings van videospeletjies, bordspeletjies, speelgoed, topverkoperromans en strokiesprente is in. Dink maar aan al die live-action-herverwerkings van geliefde Disney-animasieflieks wat die afgelope tyd uitgereik is. Ek weet nie van jóú nie, maar ek het gedink die 2019-weergawe van The Lion King was loutere gemors. ’n Mens kan amper sê hulle misbruik die nostalgie van die ouer generasie om ’n vinnige wins te maak.
Benewens Disney se dikwels halfhartige pogings, is die helfde van die kykstof op die grootskerm deesdae deel van een of ander franchise. Kyk maar na Star Wars en die Marvel-flieks. Net vir duidelikheid: ek is ’n groot Marvel-aanhanger, maar ek sou nie sê dit is intellektueel stimulerend om te kyk hoe mooi mans in leotards teen bose ruimtewesens baklei nie.
Ek dink die 50ste The Fast and the Furious-fliek is onlangs uitgereik. Die franchise-formule werk, maar dalk meer vir die fliekbase as vir die fliekvlooie.
Die ander kwessie wat hiermee gepaard gaan, is die wokeness waarmee mense deesdae behep is. Sekere storielyne, konsepte of karakters uit ouer flieks is “uiters beledigend” teenoor sekere groepe. Die oplossing: vat ’n reeds bestaande fliek of reeks en prop dit vol “progressiewe” karakters en intriges. Basies, verwyder enige problematiese elemente (en daar is baie!). Nie eens klassieke films soos Gone with the Wind, Pretty Woman en Psycho kan dié gier ontsnap nie.
Al wat ek vra, is moenie krap waar dit nie jeuk nie. As dié belaglikheid volgehou word, sal daar binnekort ’n 2023-weergawe van Titanic of The Princess Bride wees. Nee dankie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie