Is dit alles net ’n gejaag na wind?
Gerine Hoff – Julle, ek dink ons almal ly aan burnout. En dis nog nie eers Oktober wat tradisioneel as die burnout-maand beskou word nie.
Elke dag se to do-lysie raak net langer, en daar is al hoe minder ure in die dag om dit te doen.
En as jy jouself weer kry, sit jy ure ná werk, voor werk en oor naweke nóg ure in om jou werk in te haal. Nevermind om vooruit te werk.
Daar is al hoe meer take wat verrig moet word, minder personeel wat dit doen, en in baie gevalle, moet mense dit nog doen vir minder geld ook.
Dit maak nie saak hoe goed jy vooruit beplan of skedules opstel nie, daar is altyd iets onverwags wat opduik en dinge in die wiele ry.
Kinders? Sodra jy dink jy is nou in ’n lekker roetine met hulle slaap/skool/sport en dinge loop seepglad, is daar ’n mid-term break of die vakansie kom, en alles is weer deurmekaar.
Die jaar sover? Sodra jy dink jou ure is mooi ingedeel om alles te doen wat jy moet, is daar ’n vakansiedag wat alles deurmekaar skrap. Kyk, aan die een kant is ek dankbaar vir hierdie tussen-in dae, want wie wil nou nie elke nou en dan ’n afdag hê nie, maar dan is die inhaalwerk soveel meer. Soos die vakansiedae nou al van Maart en nog tot einde Mei lyk, was daar lanklaas ’n volledige, gewone werksweek.
So tussen alles deur kom daar ’n nuwe werksprojek/taak wat aandag verg, en all hands on deck vereis, en weer is jou skedule omver gegooi.
Of jou week is vooruit beplan en dan laat weet ’n kollega hy/sy is siek, en jy moet instaan. Skielik het die beplanning niks gehelp nie.
Dan help die hele Covid-situasie ook nie. Ek dink ons almal het al Covid-fatigue, dat ons nie meer worry oor wat die statistiek sê nie; dat ons ’n conspiracy theory in alles sien. Ons het mos gelees hoe die farmaseutiese maatskappye hulle winsvooruitskattings met meer as 70% verhoog het; en hoe die einste maatskappye nie ten gunste is om hul entstowwe ongepatenteer te hou nie. Want dalk word die bestanddele “verdun” en die entstof is minder “effektief”. Ja, sure.
Meer nog, nie eens die wêreld se beste wetenskaplikes en topdokters kan saamstem oor medikasie, behandeling en entstowwe nie. So, wat moet ons gepeupel dan nou eintlik glo? Dan word die media nog daarvan beskuldig dat ons fopnuus versprei. Ek kan net my oë rol.
Nou die dag gesels ek en ’n vriendin (ja, ons het darem ’n paar ure daarvoor beplan) en toe kon ons nie help om te wonder nie. . . Is ons almal op kalmeerpille? Ly ons almal aan slapelose nagte? Word ons almal in die vroeë oggendure wakker met ’n hol kol op die maag oor wat vir die dag/week/maand/jaar voorlê?
Hoe gemaak om te ontspan, om bietjie weg te breek, om met kinders en familie tyd te spandeer? Om soos ’n mens en nie ’n masjien te voel nie?
Ons het nie antwoorde nie. Maar as jy dalk ’n oplossing het, deel dit asseblief met die res van ons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie