Is dit moord of noodweer?
Is dit moord of noodweer?

Is dit moord of noodweer?

Moordklag teen man wat inbreker doodskiet
Tanja Bause
Tanja Bause



Die vraag of 'n afgevuurde skoot as optrede uit noodweer of as poging tot moord gesien kan word, het vandeesweek weer onder die loep gekom.

'n Saak van moord is teen 'n man geopen nadat hy Saterdag omstreeks 20:30 'n gewapende boef by sy pa se huis in Olympia doodgeskiet het. Die vermeende rower en drie verdagtes het by die huis ingebreek, terwyl die eienaar uitstedig was.

Die alarm het afgegaan en die sekuriteitsmaatskappy het die eienaar se seun gevolglik daarvan in kennis gestel. Hy het na die huis gegaan en ondersoek gaan instel. Die vermeende rowers het glo op die seun begin losbrand, waarna hy teruggeskiet het. Een van die verdagtes is in die proses doodgeskiet.

Die ander drie het met twee televisiestelle gevlug. Die verdagte wat doodgeskiet is, is nog nie geïdentifiseer nie en 'n gelaaide 7.65 mm pistool is volgens die polisie in sy hand gevind.

“'n Saak van moord is teen die man geopen, maar niemand is al in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort en ons sal dit van daar af vat,” het adj.komm. Silvanus Nghishidimbwa gesê.

Die dossier sal aan die aanklaer-generaal gestuur word wat vervolgens moet besluit of daar wel genoeg bewyse is om die man van moord aan te kla.

Volgens Nghishidimbwa moes elke persoon in besit van 'n wettige vuurwapen vir 'n vuurwapenlisensie aansoek doen.

“Wanneer mense hiervoor aansoek doen, word selfverdediging, beskerming van eiendom en die beskerming van mense meestal as die rede vir die besit van 'n vuurwapen aangegee.

“Wanneer jy besef jou lewe of die lewe van mense om jou is in gevaar, moet jy 'n besluit neem om jou vuurwapen te gebruik of nie. Jy en net jy kan later verduidelik of jou lewe in dié stadium in gevaar was of nie toe jy die sneller getrek het,” het ­Nghishidimbwa gesê.

Volgens hom moet niemand 'n vuurwapen misbruik nie, maar moet by die wet op vuurwapens en ammunisie gehou word.

“Jy sal moet kan verduidelik hoekom jy die vuurwapen gebruik het en die polisie sal bepaal of die gebruik daarvan redelik was,” het hy verduidelik.



Selfverdediging

“Dit is jou reg om jou uit noodweer te verdedig of dan in 'n noodgeval iemand anders te verdedig. Jy kan ook jou eiendom beskerm, maar dit is 'n baie fyn lyn,” het me. Eileen Rakow, hoof van die Ombudsman se kantoor, gesê.

Volgens haar kan jy jouself verdedig as jou lewe of iemand anders se lewe in gevaar is.

“Dit is 'n besluit wat jy op daardie oomblik moet neem. Iemand anders, wat nie op die toneel was of in dié spesifieke situasie nie, gaan jare later in die hof 'n besluit moet maak oor jou oordeel en hantering van die situasie. Dit is waar die probleem dikwels inkom,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!