Is hierdie Samsung se beste foon nóg?
Petrus Malherbe
Die mededinging tussen slimfoonvervaardigers raak nou so straf dat resensente van nuwe toestelle venynig moet raak oor die kleinste dingetjies om 'n onderskeid te tref en 'n waardeoordeel daaroor uit te spreek.
Samsung se jongste vlagskipfoon is geen uitsondering nie.
Kyk, die Galaxy Note 10+, wat in Augustus uitgereik is, is verreweg Samsung se grootste en kragtigste foon.
Maar is dit die beste foon wat beskikbaar is? Dit gaan afhang waarmee jy dit vergelyk.
Is die Note 10+ se kamera byvoorbeeld so goed soos Huawei se P30 Pro, wat ook vanjaar uitgereik is?
Beslis nie.
Lyk die foon wel pragtig en is dit vol geprop met funksionaliteit wat selfs die beste skootrekenaars kan oortref wat betref spoed en doeltreffendheid?
Beslis.
• Samsung het die Galaxy Note 10+ aan die media verskaf om te gebruik en te resenseer.
• Dié toestel is in talle opsigte soortgelyk aan die Note 10 wat dieselfde tyd uitgereik is, behalwe dat die Plus-weergawe vanselfsprekend groter is.
• Die Note 10+ het ook 'n groter ingeboude geheue en is daarom waarskynlik 'n bietjie vinniger, maar albei toestelle is toegerus met Qualcomm se nuwe Snapdragon 855-skyfie.
• Waar die Note 10+ wel skitter (soms letterlik), is in die geval van sy ruim AMOLED-skerm van 6,8 duim, oftewel 17,3 sentimeter.
• Dit is ongetwyfeld massief. Trouens, die Note 10+ is nóg groter as die Note 9 wat in 2018 uitgereik is en toe reeds as besonder groot beskryf is.
• As jy dus gemaklik is met die grootte van die Note 9, sal die Note 10+ se grootte in jou smaak val, maar dit sal nie noodwendig in jou broeksak pas nie.
• Hoewel die Note 10+ glad nie tingerig of broos voel nie – waarskynlik danksy die staalraam en geharde glas wat voor en agterop gebruik word – voel mens steeds skrikkerig om dit sommerso in 'n gimsak of selfs jou broeksak te druk, juis omdat dit so groot is.
Jy kan ook nie gemaklik sit met die foon in jou broeksak nie.
Dinamiese kleure
• Samsung het 'n nuwe ontwerp vir die Note 10+ gekies, en die dinamiese kleur(e) waarin die toestel beskikbaar is, verstom.
• Die Aura Glow-model skitter in verskillende kleure afhangende van hoe die lig daarop val.
• Die foon is ook in Aura White en Aura Black beskikbaar, maar die Glow-weergawe is na my mening die mooiste.
• Jou vetterige vingers gaan wel lelike merke laat – beslis 'n kwelpunt vir dié spoggerige foon.
• Nes die Galaxy S10, wat in Februarie uitgereik is, het Samsung nou die vingerafdrukskandeerder in die foon se skerm ingebou.
• Dit werk steeds nie baie lekker nie, en jou vinger neig steeds na die agterkant van die foon om dit te ontsluit. Prakties maak die voorkant – veral nie bykans in die middel van die skerm nie – nie veel sin nie.
• Die foon se gesigherkenningstegnologie is soos verwag blitsvinnig, selfs al dra jy 'n bril.
Bitter vinnig
• So gepraat van spoed, die Note 10+ is in alle ander opsigte ook blitsvinnig. Jy kan vóél dis 'n kragtige foon.
• Apps maak blitsig oop (en toe) en jy skuif maklik van een app na die ander sonder enige traagheid.
• Ek het nog nie spoed soos dié op enige ander 'n slimfoon gesien nie.
• Die battery van 4 300 mAh hou nie net 'n volle dag (en bietjie ekstra vir liefde) nie, dit herlaai ook tot bykans 70% in net 'n halfuur.
• Maar as alles dan so wonderlik klink, wat kan denkbaar fout wees?
Ai, die kamera
• Eerstens, die Note 10+ se kamera. Samsung het dit bietjie afgeskeep in sy jongste model.
• Dit vertoon nie juis beter as 2018 se Note 9 s'n nie hoewel Huawei en Apple in dieselfde tydperk hul slimfone se kameras merkbaar verbeter het.
• Myns insiens het Huawei se P30 Pro steeds die beste kamera van enige slimfoon, en volgens alle aanduiding gaan die Mate 30 Pro dit oortref wanneer dit later vanjaar beskikbaar is.
• Die Note 10 Plus neem heel skaflike – nee, uitstekende – foto's, selfs in swak lig. Maar dit slaan nie die asem weg soos in die geval met die Huawei nie. Beslis nie wat betref die vermoë om in te zoem nie. Maar teen die foon se peperduur prys het mens net beter verwag.
O wee, die prys
• Trouens, die Note 10+ is een van Samsung se duurste fone en sal jou minstens R23 000 uit die sak jaag vir die goedkoopste weergawe met 256 gigagrepe geheue.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie