Is jy die volgende Supra-vrou?
Namibië hou eerste Miss Supranational-kompetisie
Windhoek • Mariselle Stofberg
Vir die eerste keer gaan die land sy eie Mej Supranational Namibië-kompetisie aanbied om ’n wenner te kroon wat die land by die internasionale Miss Supranational-kompetisie sal verteenwoordig.
Miss Supranational is ’n internasionale skoonheidskompetisie waar vroue van verskillende lande meeding om as die algehele wenner gekroon te word.
Dit is gelykstaande aan die Mej. Heelal- en Mej. Wêreldkompetisie.
“Ons is op soek na ’n deelnemer wat aan al die Mej. Supranational-vereistes en standaarde voldoen. Die ‘Supra Woman’ is ’n vrou met natuurlike skoonheid wat onder andere nederig, goedhartig en charismaties is met die behoefte om werklik ’n verskil in die wêreld te maak. Sy moet ten minste 1,65m lank en tussen die ouderdom van 19 en 29 wees,” sê Willem Fourie, die nasionale direkteur van die Miss Supranational Namibia-kompetisie.
Refinery Namibia is ’n modelagentskap met sewe jaar se ervaring in dié industrie. In 2019 is hulle die regte aangebied vir die Miss Suprational Namibia franchise, maar die tyd was te min om ’n kompetisie te reël. Die besluit is geneem om Yana Haenisch, wat onder die top 5 van Mej. Namibië 2019 was, as verteenwoordiger te stuur na die internasionale kompetisie in Pole.
Met drie maande se opleiding en voorbereiding, het Haenisch teen 74 ander lande gaan meeding, en het sy tweede geplaas.
Miss Supranational het ook vanjaar die “From the Ground Up”-inisiatief begin wat juis daarop fokus om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak. Hierdie inisiatief ondersteun gemeenskapswerk en projekte van die deelnemers met die hoop om hierdie projekte nie net plaaslik te groei nie, maar ook internasionaal.
Die kompetisie vind op 3 Oktober 2020 by Droombos plaas en die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 14 Augustus om 17:00.
Die kompetisie sal ook regstreeks uitgesaai word.
Kenmerke
As die huidige Miss Supranational Namibië, glo Haenisch dit is belangrik vir ’n skoonheidskoningin om ander lief te hê, maar ook haarself lief te hê.
“Jy moet vertroue hê in jouself en dit waarin jy glo en bereid wees om die ekstra myl te loop, al voel dit of jy jou alles reeds gegee het. Jy moet goedhartig wees, ’n goeie sin vir humor hê en bewustheid hê van wat om jou aangaan.”
Haenisch het in net drie maande saam met die span van Refinery gewerk om vir die internasionale kompetisie voor te berei. Dit het veelsydige voorbereiding en opleiding ingesluit, met ure wat elke dag toegewy is om seker te maak sy is gereed vir die kompetisie.
“Ek wil ander meisies aanmoedig om uit hul gemaksone te beweeg en hul uniekheid met ons te deel. By Miss Supranational Namibia wil ons jou sien skitter en jou talente met die wêreld deel. Hierdie is werklik ’n eens in ’n leeftyd geleentheid waar jy soveel ervaring en persoonlike groei beleef en ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap maak,” het Haenisch gesê.
Sy sê voorts dit is ’n ongelooflike voorreg om Namibië op ‘n internasionale verhoog te verteenwoordig. “Namibiese dames het die nodige talent om ons land op die ‘map’ te sit, so skryf in en wys die wêreld wie jy is. Deur hierdie proses het ek soveel nuwe vriendskapsbande gevorm en die geleenteheid gekry om ander te help, en dit beteken die wêreld vir my.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie