Is jy ’n professionele sloerder?
As jy die gewoonte het om belangrike take of besluite uit te stel, kan dit veroorsaak dat jy spertye of geleenthede mis en dit mag tussen jou en jou grootste drome staan.
Om uitstellery te oorwin, moet ’n mens die oorsaak daaragter verstaan.
Wat is uitstellery?
Eenvoudig gestel, dit is om die begin van ’n projek uit te stel of uitstel om ’n taak klaar te maak wat jy beplan het om te doen.
Dit is nié dieselfde as om aktief ’n keuse te maak om ’n projek later te begin nie (miskien omdat daar ’n geriefliker tyd is om dit te doen of die voordele van uitstel vir ’n spesifieke rede swaarder weeg as om dit dadelik te doen).
Uitstellery is ook verskillend daarvan om prioriteit aan ’n dringender taak te verleen en dus daardie taak eerste af te handel. Om te prioritiseer, is om aan te pas by omstandighede. Die feit dat ons dinge uitstel, hou nie verband met hoe intelligent of bekwaam ons is nie. Vele baie slim en knap mense het die gewoonte om take uit te stel.
Hoekom stel ons uit?
Wanneer jy take uitstel, kan dit die angstigheid oor ’n taak tydelik verminder, verveeldheid of ander onaangename gevoelens wat met die taak geassosieer word verminder en sodoende kan ons ons self oorgee aan ons impulse om ander interessanter dinge te doen. Die probleem is dat mense wat uitstel op die lang duur slegter vaar in take as wat die geval sou wees as hulle nié uitstel nie, en sommige mense bereik nooit hul doelwitte nie. Op die ou end skep uitstel meer probleme as wat dit oplos.
Redes hoekom ons uitstel
Van die mees algemene redes vir sloerdery is:
1. Daar is ’n aspek van die taak waarvan jy nie hou nie.
2. Die aanname dat jy beter onder druk werk. Om vir lang periodes onder groot druk te werk, kan jou fisieke en geestelike gesondheid skade aandoen en aan die ander kant, indien jy nét onder druk kan werk, kan dit lei tot klein (maar belangrike take) wat verwaarloos word. En natuurlik, om take haastig af te handel kan die gehalte, akkuraatheid en diepte van jou werk beïnvloed.
3. Angstigheid. Om ’n taak te vermy, verminder angstigheid aanvanklik, maar later veroorsaak hierdie vermyding ’n toename in angstigheid en selfblaam.
4. Jy het ’n ontspanne persoonlikheid. Indien jy grootgeword het in ’n ontspanne en ongeorganiseerde omgewing waar mense byvoorbeeld nie betyds was of ondernemings nagekom het nie, kon jy hierdie waardes geïnternaliseer het. Jy het dus nooit geleer om konsensieus en georganiseerd te wees nie.
5. Jy is bekommerd dat jy sal misluk.
6. Jy is bekommerd dat jy sal slaag. Soms is ons bewustelik of onbewustelik in konflik om ’n spesifieke doel te bereik. Gewigsverlies, professionele sukses en om studies te voltooi, is algemene voorbeelde van doelwitte waar dit ’n probleem kan wees. ’n Gevoel dat jy nie sukses verdien nie, of dat sukses ’n verhouding sal bedreig, is van die algemene redes waarom mense self hul doelwitte saboteer deur uitstellery.
7. Jy is ’n perfeksionis. Jy mag miskien op klein details tot nadeel van die groter geheel konsentreer en sodoende oorweldig word deur jou bekommernis dat jy ’n taak nie reg sal uitvoer nie.
8. ’n Gebrek aan vertroue dat jy die vermoë het om die taak te voltooi. Dit is ook bekend as “lae selfdoeltreffendheid” As jy dink dat jy iets nie sal kan baasraak nie, is daar ’n skrale kans dat jy dit wel sal doen.
9. Jy vind dit moeilik om te konsentreer en te fokus. Dit kan lei dat jou aandag maklik afgelei word deur eksterne faktore, soos die biep van inkomende e-posse, of interne faktore, soos die impuls om websoektogte te doen. As jy sukkel om te konsentreer, kan dit jou verhoed om take suksesvol af te handel.
10. Jy vind dit moeilik om ’n groot projek in kleiner, hanteerbare take te verdeel.
Doen dit nou!
Daar is wel maniere om sloerdery die nek in te slaan en dinge gedoen te kry. Strategieë soos kognitiewe gedragsterapie, insig georiënteerde terapie en tegnieke soos begeleide voorstelling, hipnose of meditasie kan van hulp wees.
• Kul jouself om produktief uit te stel.
As jy regtig iets moet uitstel, werk aan ’n volgende belangrike projek. Sodoende kry jy ’n hernieude gevoel van doelgerigtheid wat jou kan aanspoor om die oorspronklike taak te voltooi.
• Troef beperkende gedagtes en oortuigings.
Baie van ons klou aan gelowe oor ons self wat in ander omstandighede gevorm is as die taak op hande. Werk daaraan om nuwe, positiewe gedagtes te kweek wat jy kan inspan om jou gedrag te verander.
• Breek take in kleiner hanteerbare eenhede op.
Deur kleiner take suksesvol af te handel, sien ons die bewys van ons sukses en sodoende verminder die angstigheid wat verband hou met die groter taak.
• Prioriseer prioritisering.
Die teruggee van die DVD wat op jou kombuistoonbank lê mag miskien nie belangriker wees as om ’n voedsame ete vir jouself voor te berei nie, maar indien dit ’n week laat, is sal jy ’n groot boete kry.
• Leer om doelwitte te stel.
Wees bewus wat jy in die verskillende gebiede van jou lewe wil vermag en hoe jy dit kan bereik. Beplan ’n strategie wat sal verseker dat jy jou beste aan toepaslike take op toepaslike tye kan lewer.
• Wees goedhartig teenoor jouself.
Jy mag miskien dink dat jy ’n vreeslike uitsteller is, maar is die hoop dokumente op jou lessenaar regtig die skuldgevoel werd as jy reeds ’n belangrike taak verrig het? Dink aan wat jy wel vermag het, klein of groot, en klop jouself op die skouer.
Hierdie benaderings kan help om ’n groter begrip te hê van wat presies in die pad van die voltooiing van take staan en ons help om die tipiese kringloop van gedagtes, gevoelens en gedrag te breek deur dit te vervang met nuwe en meer effektiewe gedrag.
Die geskenk van uitstellery
Soms kan afstellery ’n positiewe kant hê. Dit mag ’n teken wees dat jy jouself nie in ’n optimum omgewing bevind nie. Jou afsteltegnieke mag ’n interne rebellie wees teen die mense om jou of die tipe werk wat jy doen. Hierdie ongemak met jou situasie kan jou sodoende inspireer om nuwe opsies te verken wat tot groter geluk en bevrediging kan lei.
• Bronne: www.psychologytoday.com/blog/the-integrationist/201303/kicking-the-procrastination-habit; www.structuredprocrastination.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie