Is jy 'n spiertier met woema?
Fiksheid
Tielman van Lill - Vir die eerste keer in Namibië word die Toyota Warrior Race, ondersteun deur Reebok, môre by die Midgard landgoed noordoos van Windhoek aangebied.
Name soos Black Ops en Commando Elite vir die beskikbare kategorieë dui daarop dat 'n toets voorlê wat vir mans én vroue die kaf van die koring skei.
Volgens Tinus Hansen, die byeenkoms se direkteur, beloof dit meer as net 'n manier om die fiksstes onder die fikses te beproef of om vir Jan Alleman 'n uitdaging te bied.
'n Vyf en 10 kilometer hindernisbaan is uitgelê waar individue of spanne nie net gaan draf nie, maar ook so spoedig as moontlik hul pad bo-oor of onderdeur 'n strategies geplaaste stel hindernisse te vind.
Toeskouers is welkom, maar sal toegang van N$30 moet opdok. Aan eet- en-drinkgoed gaan daar nie 'n tekort wees nie, beloof The Warrior Race van Suid-Afrika se kuberkantoor. 'n Biertent is deel van die vermaak, waarin vir almal voorsiening gemaak word.
Verskeie afdelings is beskikbaar wat ieder en elk behoort te kan akkommodeer. Vir kinders tien jaar en ouer is daar die Rookie-roete van 5 km met 15 hindernisse, of as jy 'n ernstige fiksheidentoesias is, kan kinders ook vir dié Elite-gedeelte inskryf.
Diegene 13 jaar en ouer kan die Commando Elite-kategorie op die proef stel waar 10 km en 20 hindernisse vir hulle wag. Vir die meer gesoute sportkrygers ouer as 18 jaar sal die 10 km Black Ops-uitdaging 'n opsie waar 20 hindernisse in hul pad staan.
VET PRYSE
Lekker kontantpryse kan opgeraap word in die onderskeie afdelings deur manlike sowel as vroulike deelnemers in die eerste drie plekke. Die spanne word ook nie buite rekening gelaat nie en selfs 'n o.22- en ouer as 50-afdeling maak voorsiening vir die jonger en ietwat ouer geslag om ook hul slag te wys.
Mense kan tot môre nog vir die kompetisie inskryf, maar sal litte moet roer om dit minstens 90 minute voor hul item af te handel.
Mense wat meer oor die kompetisie wil weet, kan by warrior.co.za/warrior-event/warriornamibia gaan loer en sommer ook daar inskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie