IS-magte verloor nog grond in Sirte
Libië
Vegters van Libië se eenheidsregering, met die steun van Amerikaanse lugaanvalle, het verdere vordering met die herowering van Sirte gemaak, het woordvoerders van die magte gister gesê.
Die magte het die sekuriteitsgebou wat deur die Islamitiese Staat-groep (IS) as gevangenis gebruik is, die hof, die Al-Naga-distrik en Dubaistraat herower.
Die nuutste oorwinning is in gevegte Sondag “in die aangesig van desperate weerstand van die djihadiste” behaal, lui ’n verklaring.
IS se skerpskutterposisies is in twee Amerikaanse lugaanvalle geneutraliseer en regeringsmagte het, sonder enige verlies in eie geledere, twee fopval (booby trap)-motors onskadelik gestel. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie