Is ons gereed vir verandering?
'n Nuwe era wink vir Namibië op die politieke front.
Die vraag is of ons politici, hul ondersteuners en die amptenary oorgehaal is om die beste te maak van die verruiming wat kiesers Woensdag by die stembus in verteenwoordiging op streekrade en plaaslike owerhede afgedwing het.
Veral op die owerheidsvlak die naaste aan inwoners – dorps- en stadsrade – is die ruimte vir samewerking so groot as wat dit waarskynlik nog nie sedert die vroeë jare negentig was nie. Dit geld ook vir minstens vyf van die land se 13 streekrade.
Tekens dat sommige in Swapo reeds die hakke teen samewerking met die “opposisie” en “drosters” uit eie geledere wil inkap, is nie goed nie.
Ook alle opposisiebewegings en onafhanklike kandidate sal hul take met 'n ruim hart en verstand moet aanpak.
Politiek van samewerking is nodig, tot voordeel van alle inwoners van die land. Politiek van konflik, konfrontasie en versplintering hou soos die ontleder Christie Keulder in gister se uitgawe uitgewys het, groot gevare vir ons almal in.
Verdeel en heers kan alle politici oor vier jaar in die volgende algemene verkiesing duur te staan kom. Dit kan ook veroorsaak dat inwoners wie se lewens verbeter moet word teen die volgende subnasionale verkiesings nog erger daaraan toe is as nou.
Die bal is in alle verkose leiers se baan om te wys dat persoonlike en ideologiese verskille en voorkeure minder belangrik as 'n beter toekoms vir almal is. Hulle sal in 2024 en 2025 veral daaraan beoordeel word.
So sê ander
30 November 2020
Betrek weermag by vragmotor-beleg
Buitengewone toestande verg buitengewone optrede.
Bheki Cele, minister van polisie, se opmerking dat gesprek met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gevoer word oor hulp met optrede teen aanvalle op vragmotors op Suid-Afrikaanse paaie, val in dié kategorie.
As die reëlmaat van die euwel as maatstaf dien, behoort hulp deur die weermag 'n gegewe te wees. Die afgelope twee weke was daar minstens 30 aanvalle op swaar vragmotors.
Die koste per uitgebrande vragmotor beloop miljoene rande, terwyl bestuurders in die voorvalle beseer of vermoor word.
Ramaphosa se veroordeling van die aanvalle op vragmotors en die “sinlose, bloeddorstige wetteloosheid” waarmee dit gepaard gaan, was nodig. Hy het die ministers van arbeid, vervoer, binnelandse sake en van polisie gevra vir 'n verslag oor die aanvalle, maar het geen spertyd gegee nie.
Die padvragvereniging (RFA) se aandrang vir sterker optrede deur die regering is dus verstaanbaar.
Dit kom terwyl die parlement verlede week gehoor het die polisiediens is in so 'n krisistoestand dat hy nie misdaad doeltreffend kan beveg nie. En dit blyk duidelik dié moderne padrowery verg 'n gespesialiseerde strategie.
Die vasstelling van die motief en of xenofobie 'n rol speel, behoort die eerste stap te wees. As dit so aangaan, moet die besluit wees oor hóé die weermag betrek word, eerder as óf dit gaan gebeur.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie