Is Rehoboth nou u2019n plaas?
Is Rehoboth nou u2019n plaas?

Is Rehoboth nou ’n plaas?

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Dit gaan my verstand te bowe dat Rehoboth nou ’n plaas geword het.

Rede? Die beeste, donkies en perde loop vrylik in die dorp rond. Op die hoofpad deur Rehoboth en in die strate moet jy jou ry ken. Die taxi’s is nou veiliger as hierdie diere.

Gebeur daar ’n ongeluk en mense sterf, of ly skade aan hul voertuie, is dit niemand se diere nie.

Ek gaan in die toekoms voor die voet begin skiet op die diere. Dit word reeds winter en die beesbiltong sal baie lekker smaak.

Wie is verantwoordelik vir die diere? Is dit die dorpsraad se mense, wat weer nie hul werk doen nie, of is dit nie verkeersmanne?

Gister toe gallop 'n perd in die hoofstraat van Rehoboth.

Kan ons nie bymekaar kom om te bespreek wat met die diere gedoen kan word nie?

Wat het geword van 'n diereskut, of is dit "comrades" se diere, nou moet almal maar net tevrede wees. Die goed is in die pad!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer