Is SA die Aspoester by Brics-onthaal?
Landbouproduksie, markontwikkeling moet verbeter
Dr. Kobus Laubscher - As die onlangse verklaring van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) se streeksverteenwoordiger vir Asië en die Stille Oseaan-gebied saamgelees word met die jongste ekonomiese vooruitskatting van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD), dink 'n mens onwillekeurig aan die Aspoestertjie-sprokie.
Dit is gelewer by die 7de vergadering van die ministers van landbou van die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) op 16 Junie in Nanjing, China, en maak groot gewag van die rol van dié lande in die globale heropbou van die ekonomie.
Dit is vanweë die omvang van die vyf lande se bydraes tot die wêreldekonomie.
Brics huisves gesamentlik meer as 40% van die wêreld se bevolking en is vir meer as 20% van globale BBP verantwoordelik. Meer as 'n derde van die wêreld se graan word deur dié vyf geproduseer en Rusland het in 2015 die wêreld se grootste koringuitvoerder geword. Daar kan dus verwag word dat die Brics-lande 'n betekenisvolle en leidende rol kan speel om hongersnood en armoede te verlig soos vervat in die Millenniumontwikkelingsdoelwitte vir 2030.
Die jongste vooruitskatting van die OECD dui op matige positiewe, maar beduidend ongelyke globale ekonomiese groei waarvan die verwagte voordele nie genoeg mense outomaties kan bevoordeel nie. Wat verblydend is, is die betekenisvolle sterk groei wat in van die Brics-lande verwag word – van meer as 7% in Indië, en China se net meer as 6,5% (al sal die groeikoers na verwagting verder gering daal). Vir Brasilië verwag die OECD 'n positiewe groeikoers van 1,6% vanjaar, terwyl Suid-Afrika die bus verpas met afwaarts aangepaste groeiverwagtinge.
Uitvoere
Die vraag na uitvoere uit die Brics-lande kan kop optel met die euro-ekonomie wat meer as 2% kan groei, terwyl Amerika ook kan uitsien na die voordele van positiewe ekonomiese groei.
Wat egter van fundamentele belang is, is dat verwagte groei ander drywers gaan hê met duidelike waarskuwings aan regering om nie selfvoldaan agteroor te sit nie
Ekonomiese groei sal hoofsaaklik tegnologies gedrewe wees met kwalitatiewe verbetering in die gehalte van die kapitaal wat aangewend gaan word. Dit sal die nodige produktiwiteitshupstoot en gevolglike uitsetspronge gee, wat nou so nodig is.
Waardekettings gaan verdiepende integrasie ervaar, met selfs verlies aan werkgeleenthede, maar verbeterde opbrengste op die nuwe kapitaal wat belê moet word.
In ontwikkelende lande kwel die onvermoë om te kan bestee en hoe die verwagte surplus witmielieoes in Suid-Afrika dus weggeëet kan word.
Die FAO maak gewag van die goeie status van landbounavorsing in die Brics-lande, maar in April 2017 se ASTI-verslag deur Nienke Beintema en Gert-Jan Stads (“A Comprehensive Overview of Investments and Human Resource Capacity in African Agricultural Research”) is die ontoereikende besteding aan navorsing opvallend.
Dit is ten spyte van die ondernemings van lande suid van die Sahara om jaarliks 10% van hul landboubegrotings aan navorsing te bestee en so 6% sektorale groei te bewerkstellig.
Suid-Afrika is 'n navorsingsarm land en bepaald nie in dieselfde liga as die nader Brics-vennote nie. Indien Suid-Afrika gemeet sou word aan die maatstawwe vervat in die “The political economy of underinvestment in agricultural research” van Beintema en Stads, slaag ons die toets met onderskeiding.
Navorsingsbesteding in landbou is betekenisvol minder as die toename in landbou se BBP – die landbounavorsingintensiteit-verhouding daal konstant en is sowat 1%.
Terug by die sprokie en die prins se soeke na die eienares van die skoen as die immer gelukkige einde, maar met minder mooi toepasbaarheid hier. Indien die oorwig van staatsbesteding bly fokus op veranderde grondgebruik soos versnelde grondhervorming waar produktiewe eenhede vir herverdeling onttrek word, die blote in-bedryf-stel van onbenutte plase in staatsbesit en ander inisiatiewe, sal verbeterde tegniese doeltreffendheid as die belangrikste dryfveer vir groei in landbouproduksie en markontwikkeling misluk. Die prins sal bloot verbyry en Aspoestertjie bly vloere skrop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie