Is seewater die antwoord?
JAN JORDAAN SKRYF:
As Namibiese burger wat iets van watervoorsiening in die land weet, glo ek dat ek ook een van mnr. Nehemia se kernbelanghebbendes is, wat ook my siening kan uitspreek oor hierdie saak waaroor nou al vir maande bespiegel word en elke dag nou ook net meer lagwekkend word.
Mnr. Nehemia, seewaterontsouting was nog nooit ’n alternatief vir Kavango-water vir Windhoek nie en dit is verstommend dat jy nog kosbare fondse op sulke sinnelose ondersoeke spandeer. Daar is verskeie parameters waarteen die lewensvatbaarheid van waterskemas gemeet behoort te word, een waarvan die eenheidskoste van water sekerlik van die belangrikste is.
Die berig in die Republikein van 31 Januarie 2020 gee niks konkreets oor eenheidskoste nie, maar mag ek net meld dat net die pompvermoë om water vanaf die kus na Windhoek te pomp teen 1 kumek ’n grootte-orde van 25 000 kilowatt kan hê, met ’n pompkoste van N$500 000, gereken teen N$2 ’n kilowatt-uur en dan moet ontsoutingskoste en ander bedryfskoste nog bygevoeg word. Kan iemand miskien vir ons vergelykende eenheidskoste van water vir die verskillende alternatiewe gee?
As daar dan na nog alternatiewe gesoek word, kyk liewers na: ’n Gravitasiepypleiding vanaf die Swakoppoortdam al langs die bedding van die Swakoprivier tot by die kus sal baie goedkoper met ’n groter sekerheid as seewaterontsouting vir die kusgebied wees.
Water vanaf Hardapdam (selfs Neckartaldam) sal meer seker en goedkoper vir Windhoek wees as ontsoute seewater vanaf die kus.
Ontsoute seewater vir Gaberone? Kyk net noord. Vergelyk afstande en enige leek sal die magtige noordelike riviere (Kavango en Zambezi) as die waterbron vir Gaberone uitwys.
Daar is nog so baie in die koerantberig wat kommentaar uitlok, maar ek volstaan hiermee. Voorlopig.
Hoop maar net dat daar onmiddellik met die bou van die Grootfontein-Rundu-aansluiting van die Okavango-skema begin sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie