IS teiken Bagdad met bomaanvalle
IS teiken Bagdad met bomaanvalle

IS teiken Bagdad met bomaanvalle

Estelle de Bruyn
Militante het gister ’n vlaag aanvalle, waarin die kommersiële deel in en om die Irakse hoofstad, Bagdad geteiken is, van stapel gestuur. Minstens 20 mense is dood en meer as 50 is beseer. Die nuus kom midde aanduidings dat Irakse troepe gereed is om die stad Fallujah, wes van Bagdad, te herower. Dit is tans onder beheer van die Islamitiese Staat (IS) groep.
Niemand het dadelik aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie, wat die kentekens van die ekstremistiese IS getoon het. IS was verantwoordelik vir verskeie onlangse dodelike aanvalle in Bagdad en elders. Sodanige aanvalle word gesien as ’n poging deur die militante om die weermag se aandag van die frontlinies af te lei.
Die dodelikste aanval gister het die noordelike Sjiïties-gedomineerde Sjaab-woonbuurt van Bagdad plaasgevind waar ’n selfmoordbomaanvaller met sy plofstofbelaaide voertuig in ’n deursoekingspunt naby aan ’n kommersiële gebied vasgejaag en die lewens van vyf burgerlikes en drie soldate geëis het.
Nog 14 mense is in die aanval beseer.
’n Selfmoord-motorbomaanvaller het ook op ’n buitemuurse mark in die dorp, Tarmijah, ongeveer 50 kilometer noord van Bagdad, toegeslaan en die lewens van vier burgerlikes en twee polisiebeamptes geëis.
Die aanvalle kom midde Irakse militêre operasies om IS te ontsetel en Fallujah te herower nadat die stad vir twee jaar in die hande van IS was.
Die operasie is ’n week gelede van stapel gestuur met Irakse magte wat kragte met paramilitêre troepe, met die lugsteun van die Amerikaans-geleide koalisie, saamsnoer.
Die stad is een van die laaste belangrike vestings van IS in die weste van Irak. Die ekstremistiese groep beheer steeds grondgebied in die noorde en weste van die land asook Mosul, Irak se tweede grootste stad.
– Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!