IS verloor Libiese bastion
Ondanks IS se nederlaag in Sirte, waarsku ontleders die djihadiste is nog elders in Libië aktief.
Magte lojaal aan Libië se Verenigde Nasies-gesteunde regering het Maandag gesê hulle het volle beheer oor die stad Sirte van die Islamitiese Staat-groep (IS) oorgeneem.
Dit is ''n reuseterugslag vir die djihadiste wat vir maande reeds veg om beheer oor hul bastion te behou. Die stryd om die beheer van die kusstad, wat die laaste betekenisvolle gebied in Libië was wat deur IS beheer is, het die lewe van honderde lojale groepe en ''n onbekende aantal IS-vegters geëis.
“Ons magte het volle beheer oor Sirte,” het Reda Issa, ''n woordvoerder van pro-regeringsmagte, gesê. “Ons magte het Daesh (IS) se totale ineenstorting gesien.”
Geallieerde magte van die land se eenheidsregering het op 12 Mei ''n offensief van stapel gestuur om die stad te herower, en het aanvanklik vinnige vordering gemaak, groot dele van die stad ingeneem en die djihadiste in ''n hoek gedryf.
IS het egter sterk teenstand gebied met selfmoordmotorbomontploffings, sluipskutters en geïmproviseerde ploftoestelle.
Die inname van Sirte het die VN-gesteunde regering van nasionale ooreenkoms (GNA) ''n hupstoot gegee. Die regering is verlede jaar in Maart in Tripoli ingehuldig, maar sy legitimiteit word deur ''n opponerende administasie in die ooste van Libië uitgedaag.
Amerika het in Augustus met ''n bombarderingsveldtog op versoek van die GNA begin om plaaslike magte te help om die stad te herower wat in Junie 2015 deur IS ingeneem is.
Teen 1 Desember vanjaar het Amerikaanse oorlogsvliegtuie, hommeltuie en helikopters altesaam 470 lugaanvalle uitgevoer.
Libië het in chaos verval ná die Noord-Atlantiese Verdragorganisasie-gesteunde (Navo) omverwerping van die diktator Moeammar Ghaddafi in 2011, met opponerende administrasies asook goedbewapende milisies wat om beheer van die land se reuse-olierykdom meegeding het.
Die binnegevegte en wetteloosheid het ekstremistiese groepe soos IS toegelaat om verskeie kusstreke oor te neem en die djihadiste ''n vasskopplek op Europa se drumpel gegee.
Claudia Gazzini, ''n ontleder verbonde aan die Internasionale Krisisgroep-dinkskrum, sê die djihadiste wat uit Sirte ontsnap het, het waarskynlik suid na Sebha nader aan Libië se grense met Algerië en Niger verskuif. Ander is glo in Benghazi en moontlik ook in Tripoli.
“Ondanks IS se nederlaag in Sirte, kan die moontlikheid nie uitgesluit word dat hulle selle in ander dele van die land het nie,” het Gazzini gesê. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie