Isak Serfontein gevonnis
Isak (Sakkie) Serfontein (50) is in die hoërhof tot effektief agt jaar tronkstraf gevonnis vir die reusebedrog en diefstal tussen 2008 en 2012 van N$17 miljoen by ’n boormaatskappy.
Serfontein is verlede jaar skuldig bevind aan 32 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal en een van geldwassery.
Die bedrog is gepleeg toe sy gewese vrou, Stephanie Serfontein, ’n voormalige werknemer van Ferrodrill Namibia, tussen 2008 en 2012 die geld uit die maatskappy se rekening gesteel en dit in haar gewese man (Isak) se bankrekening inbetaal het. Die egpaar het die gesteelde geld vir hul persoonlike behoeftes gebruik.
Op die 32 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, is Serfontein tot 13 tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie op enige klag van bedrog of diefstal in dié tydperk skuldig bevind word nie.
Op die tweede klag van geldwassery is Serfontein tot ses jaar tronkstraf gevonnis, aaneenlopend met die vonnis vir die bedrog- en diefstalklagte.
Stephanie, wat skuldig op 35 klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal en ’n klag van geldwassery gepleit het, is in Februarie verlede jaar tot agt jaar tronkstraf gevonnis. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie