‘Isis-verwante’ aanvalle in Noord-Mosambiek
Die voortgesette geweld veroorsaak dat honderde mense die afgelope week uit die gebied begin vlug het.
Deur Erika Gibson - Daar word gevrees dat Moslem-ekstremiste in die noorde van Mosambiek nou toeriste en buitelandse maatskappye kan begin teiken, en die Amerikaanse owerhede het reeds hul burgers aangeraai om die gebied te verlaat.
Dit volg nadat 37 mense sedert die begin van Junie in vermoedelik Isis-verwante aanvalle in die noordelike Cabo Delgado-provinsie van Mosambiek dood is
Die voortgesette geweldveroorsaak dat honderde mense die afgelope week uit die gebied begin vlug het. Die Amerikaanse ambassade in Maputo het Vrydag ’n reiswaarskuwing uitgereik nadat die Amerikaners inligting oor sulke beoogde aanvalle in die Palma-distrik ontvang het.
Die olie-en-gasaanleg van die Amerikaanse maatskappy Anadarko in dié gebied het alle werk opgeskort uit vrees vir sy werknemers.
Bootvragte vlugtelinge het die afgelope paar dae na die Quirimbas-eilande begin vlug. Dit volg nadat die gemeenskap by Naunde se huise tot op die grond afgebrand is.
Die wrede aard van die aanvalle het veroorsaak dat die inwoners geen keuse het as om te vlug nie.
Amnestie Internasionaal (AI) het die Mosambiekse owerhede gewaarsku dat hulle onmiddellik moet ingryp, aangesien ’n groep wat homself “Al-Sjabab” noem mense terroriseer. Die groep het geen bande met die Somaliese Al-Sjabaab nie, maar wel soortgelyke ekstremistiese bedoelings.
In een gemeenskap naby Quissanga is sowat tien mense met kapmesse vermoor. Soortgelyke aanvalle is in ander dorpies uitgevoer. “Die wrede aard van die aanvalle deur die milisies het veroorsaak dat die inwoners geen keuse het as om vir hul lewens te vlug nie. Dit is duidelik dat die groep vasberade is om vrees te saai,” het Deprose Muchena, AI se streekbestuurder in Suider-Afrika, gesê.
Volgens Joe van der Walt van Focus Africa, wat risiko-ontledings in Mosambiek doen, was daar binne twee weke vier skermutselings tussen Mosambiekse soldate en die milisies. Minstens 360 huise is afgebrand.
Met kenners wat verskil of die groep definitiewe bande met Isis het, sê Van der Walt die Afrika-Unie het in Mei vanjaar bevestig dat Isis-selle in Tanzanië en Mosambiek gevestig is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie