Isolasie-regulasies word gewysig
Isolasie-regulasies word gewysig

Isolasie-regulasies word gewysig

Individue moet te alle tye vir die duur van hul kwarantyn of isolasie tuis bly tensy dringende gesondheidsorg nodig is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Nuwe regulasies vir isolasie en kwarantyn bepaal dat die isolasie van mense op grond van Covid-19 simptome eerder as 'n toetsgebaseerde benadering voortaan gevolg word.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste dui ­beskikbare data daarop dat mense met ligte tot matige simptome vir nie langer as 10 dae ná die aanvang van simptome meer aansteeklik is nie. Vir mense met meer ernstige simptome of dié met verswakte immuniteit, is dit 20 dae ná die aanvang van simptome.

Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, kan volwassenes wat herstel het nog tot drie maande ná die aanvang van simptome opspoorbare maar nie-aansteeklike RNA-weefselmonsters in hul boonste lugweë hê. Dit is egter in konsentrasies aansienlik laer as tydens hul siekte en dit is onwaarskynlik dat hulle iemand kan aansteek.

“Volgens literatuur beskikbaar oor die onderwerp is daar geen bewyse dat persone wat klinies herstel het en wel steeds virale RNA het, mense met Covid-19 kan aansteek nie,” het Nangombe verduidelik.

Volgens hom is dit gebaseer op dié bevindinge dat eerder op ­simptome gefokus word om isolasie vir die meeste pasiënte te beëindig om te verseker ­volwassenes wat nie meer ­aansteeklik is nie, word nie onnodig geïsoleer en ­sodoende van werk- en ander verpligtinge weerhou nie.

Hoewel 14 dae van ­kwarantyn optimaal is, ondersteun bewyse ­strategieë om die tydperk vir kontakte van ­positiewe persone te verminder deur die monitering van simptome en diagnostiese toetse.

Wanneer kwarantyn nou op dag 7 eindig en waar 'n PCR-toets negatief is en die persoon geen simptome toon nie, is die oordragkoers volgens hom 5% en tot die hoogste 12%. Bykomend kan ­kwarantyn op dag 10 eindig sonder toetsing en mits daar geen simptome is nie. In dié geval is die kans vir oordrag 1% tot die hoogste van sowat 10%.

Volgens Nangombe moet kontakte van bevestigde gevalle so ver moontlik in tuiskwarantyn en onder toesig geplaas word. Waar dit nie moontlik is nie, sal die persoon in kwarantyngeriewe van die regering geplaas word.

Persone wat onderhewig is aan kwarantyn, sluit in dié wat binne een tot twee meter vir 15 minute en langer in kontak was met 'n positiewe persoon. Dit sluit gevalle in waar die persoon onder meer 'n Covid-pasiënt versorg.



INGEëNT OF NIE

Persone wat nie in kwarantyn hoef te gaan nie, sluit dié in wat ten volle ingeënt is en binne die afgelope drie maande van Covid herstel het.

Nangombe sê egter 'n persoon wat ten volle ingeënt is of van Covid binne die ­afgelope drie maande herstel het en weer simptome ontwikkel, moet isoleer.

Volgens hom hoef 'n kontak van 'n kontak ook nie in kwarantyn te gaan nie.

“Indien jy 'n kontak is en jy het familielede in jou huishouding wat nie apart van jou kan wees, moet hulle ook isoleer,” het hy verduidelik.

Kontakte van positiewe gevalle moet vir 'n tydperk van sewe dae vanaf die laaste dag van blootstelling onder kwarantyn wees. Alle kontakte moet op dag 7 getoets word en kwarantyn eindig slegs wanneer die toets negatief is. ­

Kwarantyn kan op dag 10 eindig vanaf die laaste dag van blootstelling sonder toetsing en indien geen simptome getoon is nie.

Met verwysing na die stygende getal positiewe gevalle wat tans in private en staatshospitale opgeneem word, het Nangombe gesê die fokus is op die behandeling van kritieke en ernstige gevalle, sowel as matige gevalle met 'n hoë risiko om ernstig siek te word.

Persone moet te alle tye vir die duur van hul kwarantyn of isolasie tuis bly tensy dringende gesondheidsorg nodig is.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!