Israel wil dalk weer stem
Israel wil dalk weer stem

Israel wil dalk weer stem

Netanyahu het belowe om die nodige stemme te kry om ’n nuwe regering te vorm en gesê ’n herverkiesing sal “onnodig en duur” wees.
Israel se regering oorweeg ’n herverkiesing.

Dit kom nadat premier Benjamin Netanyahu spook om ’n nuwe koalisieregering op die been te bring.

Hy het tot Woensdagaand tyd om sy planne agtermekaar te kry.

Netanyahu en sy Likud-party is in April deur president Reuven Rivlin gevra om ’n nuwe regering saam te stel.

Netanyahu het aan Israel belowe om die nodige stemme te kry om ’n nuwe regering te vorm en gesê ’n herverkiesing sal “onnodig en duur” wees.

Netanyahu vry na die vyf parlementêre setels wat Yisrael Beitenu, ’n regse politieke party, verower het.

VERDEELDHEID

As Netanyahu dié setels kan kry, sal hy ’n parlementêre meerderheid hê.

Verdeeldheid het ontstaan tussen Avigdor Lieberman se ultra-nasionalistiese Yisrael Beitenu-party en die United Torah Judaism oor konsepwetgewing wat betref ortodokse Joodse studente.

Lieberman, ook die minister van verdediging, dring daarop aan dat studente, soos die meeste ander Joodse mans, in die weermag opgeneem word, terwyl Netanyahu se ultra-ortodokse bondgenote vra dat hulle vrystelling in plek moet bly.

Likud het 35 van 120 setels verower, dieselfde getal as sy hoofopposisie, die sentralistiese Blou-en-Wit-party, maar het ook die meerderheidsteun gehad van die meeste ander kleiner regse partye.

Netanyahu is vol vertroue dat hy die nuwe regering sal vorm voor die spertyd.

“Baie kan gedoen word in 48 uur,” sê Netanyahu. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!