Israelse ruimtetuig stort op maan neer
Israelse ruimtetuig stort op maan neer

Israelse ruimtetuig stort op maan neer

Die Israelse ruimtetuig Beresheet het op die maanoppervlak neergestort in die eerste privaat befondste poging om op die maan te land.

Die tuig, wat omtrent so groot soos ’n wasmasjien is, se enjin en kommunikasiestelsel het gestaak in die laaste sekondes voordat die tuig sou land, berig The Guardian.

Israel wou graag die vierde land ter wêreld word om op die maan te land ná Rusland, Amerika en China.

Opher Doron, algemene bestuurder van Israel Aerospace Industries se ruimteafdeling, het dit as ’n “ontsaglike prestasie” beskryf nadat hy aangekondig het dat hulle nie suksesvol geland het nie. Israel is nou die sewende land wat met ’n tuig om die maan gewentel het en die vierde om die maan se oppervlak te bereik.

Beresheet, die Israelse woord vir Genesis, het onder meer ’n digitale tydkapsule aan boord gehad met dele van die Torah, kindertekeninge, woordeboeke in 27 tale, Israelse liedjies en die herinneringe van ’n Joodse volksmoord-oorlewende.

Die hoofborg van die Beresheet was Morris Kahn, ’n Suid-Afrikaanse gebore Israelse miljardêr.

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, was in die beheerkamer. Hy het volgens SPACE.com gesê: “As jy nie die eerste keer sukses behaal nie, dan probeer jy weer.”

Die X Prize Foundation wat $1 miljoen aangebied het, sou die Beresheet suksesvol op die maan land, het aangekondig hy sal steeds die bedrag betaal. “Behalwe dat hulle die maanoppervlak geraak het, het hulle die lewens en harte van ’n hele nasie, ’n hele wêreld en skoolkinders wêreldwyd aangeraak,” het Peter Diamandis, X Prize se stigter en uitvoerende voorsitter, gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!