Istanboel-verkiesing dalk terugslag vir Turkse leier
Turkye se hoof-opposisieparty was Sondag op pad om koning te kraai in die herverkiesing van die burgemeester van Istanboel.
Dié verkiesingsege sal die grootste terugslag vir pres. Tayyip Erdogan se heerskappy in 16 jaar wees.
Ekrem Imamoglu, die burgemeesterskandidaat van die sekulêre Republikeinse Party, het Sondagaand met 53,6% van die stemme teenoor Erdogan se partykandidaat se 45,4% voorgeloop.
“My teenstander loop van nou af voor,” het Binali Yildirim, die voormalige eerste minister van Erdogan se AK-party, Sondagaand gesê kort nadat die voorlopige uitslae bekend gemaak is.
Imamoglu was in Maart vanjaar die wenner van die oorspronklike burgemeestersverkiesing. Hy het met 'n klein minderheid gewen en die AK-party het aangedring dat die verkiesing weer gehou word.
TOETS VIR DEMOKRASIE
Hoewel Turkye se Westerse bondgenote die herverkiesing gekritiseer het, het menige Turke dié verkiesing as 'n toets vir die demokrasie beskou.
Erdogan was in 1990's, voordat hy die nasionale politiek betree en president geword het, die burgemeester van Istanboel.
Hy het eers die Turkse politiek as premier en later as president oorheers.
Indien Erdogan se party weer in die verkiesing in Istanboel verslaan word, sal dit 'n verleentheid vir Erdogan wees.
Die nederlaag kan volgens ontleders selfs tot 'n kabinetskommeling lei en 'n verandering aan Turkye se buitelandse beleid.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie