Itah sit voet dwars
Die lot van mediese studente wat in die buiteland opgelei word, is in die Nasionale Vergadering bespreek.
Die regering kan nie sy onderrigstandaarde verlaag om mediese studente wat hul opleiding in die buiteland kry, te akkommodeer net omdat hulle Namibiërs is nie.
Dit was die antwoord van die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, op ‘n versoek van die opposisieparty vir ‘n ondersoek na die finansiering van die betrokke studente.
Die president van die Popular Democratic Movement (PDM) het in die Nasionale Vergadering gevra ‘n kommissie van ondersoek moet saamgestel word om ondersoek te doen na hoe die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sowat N$300 miljoen op mediese studente bestee het by instellings van hoër onderrig wat nie deur die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) goedgekeur of geakkrediteer is nie.
Kandjii-Murangi het beklemtoon “sukses gaan nie sy standaarde verlaag om Namibië te akkommodeer nie”.
“Ons moet ons standaarde verhoog om dit te bereik. Om die beste dokters te hê, moet ons doen wat nodig is om dit te kan hê. Kortpaaie deur formele onderrig, om tydens graduering slagoffer te speel, en om die onverdedigbare te verdedig, sal nié die gehalte van professionele dienste wat ons aan die algemene publiek lewer, asook Namibië se mededingendheid in die gedrang bring nie,” het sy gesê.
Volgens die minister het die meeste van die studente hul kwalifikasies by die NQA ingedien vir evaluering en verifiëring van die geldigheid ten opsigte van die betrokke instellings se status.
Sy het voorts gesê in sommige gebiede voldoen die buitelandse kwalifikasies aan die standaarde. Onder sommige gegradueerdes is ernstige tekortkominge bemerk tydens internskappe en evaluerings wat die Universiteit van Namibië (Unam) gereël het.
“Die regering is daarmee opgesaal, daarom werk die ministeries van hoër onderwys, onderrig en vernuwing, sowel as gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), Unam, die NQA, asook die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) hard om te verseker enige bestaande gebreke aan kennis en vaardighede word deur middel van ‘n goed-gemonitorde program getakel.”
Kandjii-Murangi sê die onus rus op die geraakte buitelandse studente om hulle tot die program te verbind in ‘n poging om te verbeter en dít te leer wat in hul buitelandse opleiding ontbreek het.
Venaani het ook gevra vir ‘n mosie dat diegene wat aan die stuur van sake by die NSFAF was toe sowat N$300 miljoen gebruik is vir opleiding wat nooit plaaslik benut sal kan word nie, verantwoordbaar vir die mors van belastingbetalersgeld gehou word.
Die mosie is deur Swapo-parlementslede deur middel van stemmery afgeskiet.
“Die meerderheid is nie altyd reg nie, dis al wat ek hoef te sê,” het Swanu se president, dr. Tangeni Iijambo, in reaksie daarop gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie