Italiu00eb, Frankryk bots oor wegwysing van migrante
Italiu00eb, Frankryk bots oor wegwysing van migrante

Italië, Frankryk bots oor wegwysing van migrante

Dié voorval kom te midde van spanning tussen die twee lande nadat Italië verlede Woensdag besluit het om sy hawens te sluit vir honderde Afrikane aan boord van 'n liefdadigheidskip.
'n Amerikaanse vlootskip het 41 mense gered en 12 lyke van 'n sinkende rubberboot aan die kus van Libië gehaal, sê 'n humanitêre groep nadat sy skip per radio gekontak is om te help.

Die Amerikaanse vlootvaartuig Trenton het die Duitse liefdadigheidskip Sea Watch gekontak. Dit is in dié stadium die enigste liefdadigheidsvaartuig op patrollie aan die Libiese kus om alarm te maak wanneer 'n vaartuig sink of hulp benodig, sê 'n woordvoerder van Sea Watch.

Dit is nie bekend hoeveel mense op die boot was voordat dit begin sink het nie.

Dié voorval kom te midde van spanning tussen Italië en Frank­ryk nadat Italië verlede Woensdag besluit het om sy hawens te sluit vir honderde migrante aan boord van 'n liefdadigheidskip.

“Ons sal nie (van standpunt) verander nie oor skepe wat aan 'n nieregeringsorganisasie behoort,” sê Matteo Salvini, minister van binnelandse sake, in 'n onderhoud met die koerant Corriere della Sera.

Sedert Sondag, toe Italië en Malta albei geweier het dat die skip vasmeer, is 629 migrante, ­insluitend kinders en sewe swanger vroue, aan boord van die MV ­Aquarius in die Middellandse See.

Van die migrante op die oorvol MV Aquarius, meestal van Afrika suid van die Sahara, is na twee Italiaanse skepe van die vloot en kuswag ­oorgeplaas en het na die Valencia-hawe in Spanje gevaar.

Dit het gebeur 'n week ná die ­bewindsaanvaarding van die nuwe populistiese regering in Italië. Dit het spanning oor die migrantekwessie in die Europese Unie verhoog.

Terwyl Spanje diplomaties was teenoor Italië toe hy aangekondig het dat hy die migrante sal inneem, het die betrekkinge tussen Italië en Frankryk versleg en beskuldigings is oor en weer geslinger.

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het die besluit afgekeur om die MV Aquarius toegang te weier en sê ingevolge die internasionale reg is Italië verplig om die migrante toe te laat.

Giuseppe Conte, Italiaanse premier wat vandag in Parys met Macron vergader, het teruggekap.

“Italië kan nie die skynheilige lesse van lande aanvaar wat nog altyd gekies het om weg te draai wanneer immigrasie ter sprake kom nie,” sê Conte in 'n verklaring.

Woensdagoggend het Italië 'n ­verduideliking van die Franse ­ambassadeur geëis oor Macron se uitlatings.

“As die Franse die menslikheid het om jammer te sê, kan ons aanbeweeg en soos voorheen vriende wees,” het Salvini aan verslag­gewers gesê.

Woensdagoggend het 'n ­Italiaanse kuswagvaartuig met 937 ­migrante aan boord in Catania, Sicilië, ­vasgemeer.

Danilo Toninelli, Italië se minister van vervoer, sê die feit dat ­Italiaanse skepe migrante gered het, wys dat die regering nie “onmenslik of ­xenofobies” is nie.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!