Italiu00eb: Reddingswerkers hoor geskree van vasgekeerde mense
Italiu00eb: Reddingswerkers hoor geskree van vasgekeerde mense

Italië: Reddingswerkers hoor geskree van vasgekeerde mense

Volgens die polisie is ’n storm gedeeltelik verantwoordelik vir die ramp, berig CNN.
Reddingswerkers in Genoa, Italië, waar ’n groot deel van die Morandi-brug Dinsdag ineengestort het, het tot in die nag gesoek na oorlewendes. Minstens 26 mense is dood toe die 50 m hoë deel van die brug, wat ’n toring insluit, ineengestort het.

Volgens die BBC is daar berigte dat die geskreeu van vasgekeerde mense uit die puin gehoor kan word. Daar is vermoedelik nog 12 mense wat vermis word.

Emanuele Giffi, ’n brandbestryder, het aan AFP gesê hulle gaan nie moed opgee nie en sal onverpoos werk totdat die laaste slagoffer gevind is.

Giuseppe Conte, premier van Italië, was in Genoa en sê die dodetal kan styg terwyl die ANSA-nuusagentskap bronne in die brandweer aanhaal wat sê daar het tot 35 mense gesterf.

Die regering van die Linguriastreek het getwiet dat 19 lyke reeds geïdentifiseer is en dat 15 mense in die hospitaal behandel word – nege se toestand is kritiek.

Meer as 400 mense is uit geboue daar naby of onder ’n gedeelte van die brug wat nog staan, ontruim en dit wil voorkom of niemand op die grond dood is nie.

Volgens die polisie is ’n storm gedeeltelik verantwoordelik vir die ramp, berig CNN.

OORSAAK WORD ONDERSOEK

Instandhoudingswerk was ook aan die gang om gedeeltes van die brug te versterk, sê die maatskappy Autostrade.

“Die instandhoudingswerk en status van die oorbrug was die heeltyd onder toesig. Die oorsaak van die ineenstorting sal ondersoek word sodra dit veilig is om toegang tot die terrein te verkry,” sê Autostrade in ’n verklaring.

Conte sê die owerhede werk aan ’n teorie dat die oorsaak van die ineenstorting weens ’n foutiewe struktuur is. Die ongeluk het gebeur in die middel van die toeristeseisoen en kort voor die openbare vakansiedag wanneer baie Italianers na die kus reis.

Davide Di Giorgio, wat die reën vanuit sy kantoor afgeneem het, het gesien hoe ’n deel van die brug ineenstort.

“Ek het pas die kamera aangeskakel om die reën af te neem toe hoor ons ’n harde slag en die brug stort in duie. Dit het my drie sekondes geneem om te besef wat gebeur.

“Ek en my kollegas het gebewe. Dit was skrikwekkend,” het hy aan CNN gesê. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!