Italiu00eb se nuwe premier bedank
Italiu00eb se nuwe premier bedank

Italië se nuwe premier bedank

Italië se aangewese premier, Giuseppe Conte, het bedank nadat pres. Sergio Mattarella geweier het om sy omstrede keuse as minister van finansies te aanvaar.

Opposisiepartye vra nou dat Mattarella in ’n staat van beskuldiging geplaas word omdat hy ’n “staatkundige krisis veroorsaak het”, berig die BBC.

Conte, ’n regsprofessor van Florence, wat geen politieke of bestuurservaring het nie, het Sondag tou opgegee in sy pogings om ’n koalisieregering te vorm.

Conte het verlede week die mandaat gekry om te probeer om ’n lewensvatbare regering te vorm. Volgens The Guardian het Mattarella geweier om die benoeming vir minister van finansies van Paolo Savona, ’n 81-jarige voormalige minister van bedryfsake, goed te keur, glo uit vrees dat hy Italië uit die euro sou stoot omdat hy voorheen die land se toetrede tot die euro as ’n “historiese fout” beskryf het.

Die besluit sal na verwagting lei tot ’n nuwe verkiesing in die herfs. Italië is sonder ’n regering sedert verkiesings op 4 Maart.

Sondag se verwikkelinge het ’n diep politieke skeiding tussen Mattarella, wat as staatshoof dien, en die twee populistiese partye – die radikale Vyfsterbeweging (M5S) en die verregse Italiaanse Liga – uitgewys.

Die Sunday Express berig dat Conte gesê het: “Ek is dankbaar vir die twee partye wat my gekies het om die regering van verandering te vorm.

“Ek kan u verseker dat ek my bes gedoen het, ek het al my pogings en aandag aan hierdie taak gewy.”

Reuters berig dat Mattarella in ’n televisietoespraak gesê het dat hy al die voorgestelde ministers, behalwe vir Savona, aanvaar het.

“Ek het vir die ministerie gevra om ’n gesaghebbende politieke figuur uit die koalisiepartye te kies wat nie Italië se onttrekking aan die euro voorstaan nie,” het hy gesê. Kort ná die toespraak het hy Carlo Cottarelli, ’n voormalige senior direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), genader vir ’n vergadering Maandagoggend – ’n stap wat mag aandui dat hy oorweeg om hom te vra om ’n tegnokratiese regering te lei. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!