Italiaanse duiker se lyk gekry
Die lyk van die Italiaanse vrou wat vermis geraak het toe sy in Mosambiek geduik het, is tussen rotse op ’n strand gevind.
Eleonora Contin (34) is Dinsdagmiddag laat gevind.
“Dit is nie ver van waar hulle geduik het nie,” sê Linda Cooke, koördineerder van die soektog.
Contin het Saterdag omstreeks 09:00 vermis geraak toe sy en haar man saam met ’n groep van die Zavora Lodge in die Inharrime-omgewing gaan duik het.
Cooke het vroeër gesê die water was baie troebel en die sigbaarheid swak. Daar was ook ’n sterk seestroom. Contin en haar man was duikmaats. Nadat hulle in die water afgesak het, het hy besef sy is nie meer langs hom nie.
Sedertdien het reddingspanne onverpoos na haar gesoek.
“Haar man is absoluut verpletter. Hy wil die lyk nou net terugvat Italië toe en saam met sy familie wees.”
Cooke sê amptenare van die Italiaanse ambassade in Mosambiek het hom gisteroggend bygestaan om reisreëlings te tref.
’n Volledige verslag oor die gebeure sal binnekort bekend gemaak word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie